Afternoon All Please find below the final instalment of the History of Rondebosch. I hope you have all found it interesting. RONDEBOSCH SE GROOTSTE SKINDERSTORIE Seker die grootste skinderstorie wat Rondebosch in die driehonderd jaar van sy gebeurtenisvolle bestaan belewe het, het te doen gehad met Cecil John Rhodes. Die ding het later in die hof beland. Daar bet dit so 'n opspraak verwek dat die Anglo-Boereoorlog, wat destyds net in sy laaste fase was, amper vergeet geraak het. Rhodes self was dood voordat die herrie oor was. Maar vandag leef daar in Rondebosch nog iemand wat persoonlik met die saak gemoeid was, en self by daardie beroemde hofsaak getuienis moes aflê. Hy is mnr. Philip Jourdan wat destyds Rhodes se private sekretaris was. Die saak self het gegaan om die betrekkinge wat Rhodes met 'n dame sou gehad het: met Catherine Maria, Prinses Radziwell. Die kwessie op die spel was: het hy wissels ter waarde van sowat £29,000 aan haar gegee? En die skinderbekke wat dit maar alte graag wou gb, het agter hul hand gefluister: ,,En wáárvoor sou hy haar dit gegee het, waarvóór?" Teachers Pupils Mowbray Methodist Newlands Cripples' Home Newlands Primary St. Andrew's (C. of E.) Primary, Newlands St. Peter's, Mowbray Stephen Reagon Primary, Newlands C. OTHER INSTITUTIONS Cape Town Training College, Mowbray University of Cape Town (2) Frank Joubert Art Centre (3) St. George's Orphanage (4) Rosebank Cape School for Cerebral Palsied Children (5) Child Guidance Clinic, Rosebank (6) Watson Training School (at Marsh Memorial Homes) ,,Het die Prinses dikwels Groote Schuur besoek ?" is gedurende die hoofsaak-waarvan die woordelike versiag van die Cape Times later in pamfletvorm herdruk is-aan die ou Groote Schuur-koetsier John Carter gevra. ,,Ja, dikwels." ,,Het sy dikwels heelmiddag gebly ?" ,,Het sy dikwels heeldag gebly ?" ,,Nee." ,,Het sy dikwels heelaand gebly ?" ,,Nee, sy het nie . . Dat Rhodes in een stadium groot losiesrekeninge van die Prinses blykbaar uit die goedheid van sy hart by die Mount Nelson betaal het, is waar. Maar wat die kwaadstokers verder wou te kenne gee, was gans en al ongegrond. Die Prinses self het allerhande gerugte laat fluister: dat sy in die geheim aan Rhodes verloof was; dat sy die kamers wat sy eendag self sou gebruik, al uitgesoek het in Groote Schuur. Daar was niks van waar nie. Haar verhaal is ten slotte net die bietjie patetiese stone van 'n vrou wat groot dinge voor oe gehad het, ywerig gemaneuvreer het om dit te bereik, maar op die ou end nie net in haar strewe inisluk het nie, maar haar sake so rampspoedig bestuur het dat sy in 'n jammerlike finansiële toestand beland het. Eers één paar oorkrabbetjies na die pandjiesbaas. Later 'n horlosie en horlosieketting vir £4 lOs. . . . In een stadium het sy aan 'n vriendin geskryf (maar dit moet onthou word dat sy darem lustig kon lieg): ,,Die afgelope drie dae lewe Francine en ek net van koffie en rys. Selfs my rottangstoele is verkoop. . . ." Op die ou end het sy met die astrantste dog terselfdertyd naIefste set geld probeer jaag uit die koffers van of Rhodes Of diegene wat geglo het dat sy op vertroulik genoeg voet met horn verkeer het om duisende ponde van horn te ontvang. Tog, die dag voordat Rhodes in sy huisie op Muizenberg oorlede is, het sy aan horn geskryf en horn ,,vergewe vir alles wat hy aan haar gedoen het". Dit skryf sy met kennelike waardering vir haar eie grootmoedigheid in die rare boek van haar persoonlike memoirs. Die Prinses, as mens die woord van haar regsgeleerde in die hof moet gb, was 'n dame ,,edel van geboorte en deur haar huwelik; gebore en getoe in die hoogste kringe, opgevoed met die grootse sorg-'n verfynde, beskaafde, talentvolle persoon." Sy was van afkoms en deur huwelik verbonde aan die helfte van die Europese aristokrasie. Haar man, lees mens in haar herinneringe, was verbonde aan die huishouding van die Duitse Keiser. Sy het die Keiserin soms met korrespondensie geheip. ,,Ons was almal baie geInteresseerd in Turkye. . ." Daardie dae al het sy 'n intense belangstelling in die wêreldpolitiek gehad. Tussen haar en haar man, die Prins, het sake later nie te rooskleurig verloop nie. Sy het later jare graag aan mnr. Jourdan vertel hoe naar hy met haar was, ,,how perfectly beastly". Die vandag 86-jarige ou heer-ek het nou die oggend nog weer met horn oor die dinge sit en gesels-kan goed onthou hoe bewoë hy as jong man oor haar bitter lot geraak het! Die Prinses het Rhodes ontmoet aan die huis van 'n vriend van lord Salisbury met wie sy in Londen bekend was. Daar moes sy horn beslis in die oog gekry het; want terwyl hy daarna in Egipte was, het sy aan horn geskryf om dan te vra hoe sy die £150,000 kon belê wat sy pas van 'n oom geerf het. ,,Wie is die vrou ?" het Rhodes gevra. Mnr. Jourdan bet horn herinner: dit was die een wat langs horn gesit het by lord Mulberry se eetmaal. ,,O sy? Sy was nogal lewendig en interessant gewees.. ." Hy het haar die Mashonaland Railway Debentures vir die belegging van haar geld aanbeveel. Toe wou sy weet hoe sy te werk moes gaan. Toe, wat die adres van die sekretaris was. En toe Rhodes uiteindelik na Suid-Afrika terugkeer, was dit alles behalwe toeval dat Prinses Radziwell se passaat op dieselfde boot bespreek was. Mnr. Rhodes, vertel oubaas Jourdan, bet op 'n seereis altyd graag sy eie tafel eenkant gehad sodat hy van tyd tot tyd iemand kon nooi om by horn te kom aansit. Op die betrokke reis is die tafeltjie gereserveer vir Rhodes en sy privaatsekretaris en sir Charles Metcalfe. ,,By geleentheid van die eerste eetrnaal aan boord, het ek kort-kort 'n vrouefiguur buite die eetkamerdeur sien verbyflits, en die ete was al 'n endjie op dreef toe die Prinses, honderdpersent slaggereed wat haar kostuum betref, die karner met 'n geritsel van sy binnegevaar kom," vertel rnnr. Jourdan. ,,Sy bet danig rondegekyk waar daar dan 'n lee stoel vir haar sou wees, maar onderwyl reelreg op mnr. Rhodes se tafel afgestuur. Toe kom kry sy haar tot haar groot verbasing skielik voor horn, ,Oh, Mr. Rhodes?!' Mnr. Rhodes kon nie bra anders as om haar te nooi om aan te sit nie, en die res van die reis het sy saam met die drie mans geeet." Sy was toe so vier-en-vyftig, nie juis 'n mooi vrou nie, so effens aan die gesetkant, maar nogal indrukwekkend met haar swart hare en haar vinnige swart oe. ,,Sy was," beken oubaas Jourdan, en hy skryf dit ook in sy boek oor Rhodes, ,,heelternal '11 aanwins vir ons tafel. Sy kon lewendig gesels oor enige denkbare onderwerp," en blykbaar het haar kontinentale agtergrond gemaak dat sy uitgesproke was oor dinge waaroor die Victoriaanse vrou nie gedroom het om te praat nie. Mnr. Jourdan sê sy het Cecil John by geleentheid laat bloos1 Maar hy het die geseiskap klaarblyklik geniet. Hulle het dikwels saam op dek gesit en gesels-en die Prinses het elke oomblik en elke moontlike iaai benut. Eendag, terwyl sy en Rhodes sit en gesels, het sy dan ineens flou geword. Dit was 'n hele ontstigting. Rhodes moes haar vashou totdat huip en vlugsout opdaag. ,,Ek sal nooit die absoluut bedremmelde uitdrukking op sy gesig vergeet nie," skryf sy privaatsekretaris van die middag! Nietemin, in Kaapstad aangekom, het mnr. Rhodes die Prinses uitgenooi om net wanneer sy lus het ,,bietjie oor te kom Groote Schuur toe". Aangesien dit net was wat sy wou gehad het, het sy van die uitnodiging ruim gebruik gemaak en dikwels net 'n telegram gestuur dat sy vir middag- of aandete daar sou wees. Eers het Rhodes daarmee genoee geneem. Maar stadigaan het sy gesindheid teenoor haar verander. Sy was 'n vrou met bybedoelings, het hy agtergekom. Sy was die Kaapstadse korrespondent van koerante in Engeland en in Rusland. Sy wou maar alte graag he dat hy politieke uitlatinge moes maak. Hy het die vrede nie vertrou nie. ,,Die uitlandse (foreign) vroue," het hy vir Philip Jourdan gesê, ,,mens weet nooit wat hulle agteraf konkel nie. .. ." Betrekkinge tussen die twee het gaandeweg versleg. Rhodes was 'n tydlank met die Engelse magte in die veld-want dit was nou die kommervoile dae van die Anglo-Boereoorlog----en die Prinses het intussen haar politieke ambisies uitgebrei en begin met 'n tydskrif wat sy Greater Britain genoem het, omdat haar gedagte was om die ou moederland in nouer voeling met al sy kolonies te hou. (Van die tydskrif is vandag skaars 'n eksemplaar in die Kaap te kry.) Sy wou ook om haar eie redes Rhodes weer as eerste minister van Kaapland sien. Haar planne was groot, maar haar geld was duidelik in die stadium mm. Kaapstadse koerantmanne wat artikels vir haar blad gelewer het, skryf in hul herinneringe dat hulle nooit 'n pennie vergoeding uit haar kon kry nie. Die drukkers wou ook hul geld he. Dit was in alle waarskynlikheid die uitgawe van hierdie blad wat die Prinses laat beland het in die droewe geldelike penarie waaruit sy haar op so 'n onbeholpe wyse probeer help het. Onderwyl Rhodes. oorsee was, het sy finansieel erg in die knyp geraak. Daar was onder meer die kwessie van die huis wat sy in Kenilworth wou huur. Maar sy moes ses maande se huur, wat £435 bedra het, vooruit betaal. Sy had dit nie, maar op 'n dag kom sy te voorskyn met 'n wissel wat Rhodes net voor sy vertrek-is dit nie merkwaardig nie-virjuis die bedrag aan haar sou uitgemaak het. . . . En skielik was die Kaap vol wissels van Rhodes. . . . Onder meer was daar 'n wissel van £2,000 wat oubaas Jourdan, volgens haar, in Rhodes se naam vir haar uitgeskrywe het. Hierop het sy £1,000 deur die geldskieters voorgeskiet, gekry-glo teen 180 persent rente! Maar net die aand toe hierdie geld aan haar uitgekeer is, het 'n berig in die Cape Argus verskyn waarin Rhodes ten enemale ontken dat hy enige van die wissels wat aan horn toegeskryf word, uitgereik het. Nou het die poppe begin te dans. Maar as julle twyfel, kabel aan mnr. Rhodes self, het die Prinses geskerm. Niemand wis egter waar presies mnr. Rhodes in die stadium was nie. Nou maar kabel aan sy Londense prokureur. Sy sou self met horn in verbinding tree. En nie lank nie, of sy kom aan met 'n kabeigram, oenskynlik uit Londen afgestuur, waarin die wissels onderskryf word. Maar die man wat die geld voorgeskiet het, was nou op sy hoede. Hoekom, wou hy weet, is daar dan duidelik eers iets uitgegee op die telegram voordat Londen as die plek van herkonis van die mededeling neergeskryf is? Die feit is dat die Prinses die telegram self, van haarself in Kaapstad aan haarself in Kenilworth gestuur het. Toe wou sy die posmeester-vir 'n groot grap wat sy in die mou sou voer- oorreed om Kaapstad met Londen op die telegramvorm te vervang. Die man wou nie daarvan hoor nie. Maar toe hy van die kantoor weg was, het sy haar kans afgewag en 'n kantoorseun met tien sjielings orngekoop orn die veranderinkie vir haar te maak. Die hele ongeurige ou saak sou bes moontlik nooit in die hof beland het nie as die Prinses in haar wanhoop nie daartoe oorgegaan het om vir Rhodes te dagvaar om sy (vervaiste!) wissels na te korn nie! Hierop het Rhodes uit Egipte-waar hy vir sy vinnig kwynende gesondheid was- na Kaapstad teruggekeer. Voor die Prinses en haar prokureur by 'n geleentheid wat pynlik moes gewees het, is getuienis van horn afgeneem waarin hy uitdruklik ontken dat hy ooit enige wissels uitgereik het of enige van die briewe geskryf het wat sy aan horn toegeskryf het (die tikmasjien wat sy gebruik het, het later self bewys dat sy self die briewe geskrywe het. Sy is as leuenaar ten volle ontmasker. Cecil Rhodes is oorlede voordat die saak, net 'n bietjie meer as 'n maand ná sy dood op 28 April voor die Kaapstadse hof gekom het. Die verloop van die hofsaak beslaan blaaie en blaaie van die destydse koerante. Daar is stories oor die wissel, daardie wissel; sprake dat die Prinses hulle van 'n ,,ander dame"-wat sy later selfs op die naarn durf noem het !-sou gekry het; diskussies oor briewe wat Rhodes, om sy politieke toekoms te verseker, van die Prinses sou wou afgekoop het.. Vandag is dit 'n moeisame taak om die hele omstandige verloop noukeurig te volg. Maar wat mens met die lees bybly, is die gesig van die Prinses, in haar grys kostuurn en haar groot swart volstruisveerhoed, wat getuies en mense in die hof aandagtig deur haar langsteel-lorgnet beskou. - Toe sy moes antwoord op skuldig of onskuldig, het sy gesê ,,Skuldig," net om haar onmiddellik, skynbaar op 'n wenk van haar regsadviseur, te bedink en terug te krabbel, ,,Ek bedoel onskuldig. . ." Die verhoor was nie sonder vermaaklike insidente nie. Maar nadat hoofregter lord de Villiers so simpatiek vir haar as wat moontlik was, sy opsomming van die saak gegee het, was daar vir die june eintlik net een uitspraak moontlik: Skuldig. Die Prinses is tot twee jaar tronkstraf, wat eintlik met harde arbeid moes gewees het, gevonnis. Met die oog op haar ,,swak gestel" is sy, ná nege rnaande in 'n Huis van Bewaring, op vrye voet gestel en kort hierna het sy die land verlaat waar sy in elk geval daarin geslaag het om die grootste opskudding van die halfeeu te veroorsaak. kind regards Heather Visit South Africa's Premier Genealogy Web Sites www.ancestry.mweb.co.za and www.familytree.co.za Join the Cape Town Family History Society www.ancestors.co.za/society/socweb.htm