Die laaste maandvergadering van 2013 van die Vrystaattak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika vind plaas op 11 November in die Ouditorium van die Oorlogsmuseum om 6:30nm. Ons gasspreker is Dr Martinus Jordaan, sy onderwerp handel oor die verskil al dan nie van navorsing in genealogie as stokperdjie en of vir akademiese kwalifikasie. Besoekers betaal R20 teegeld. Vir navrae kontak Marietjie van Zyl by 0824065975