Beste Vriende Robert Gordon, die man wat o.a. op 23 Desember 1777, die Oranjerivier se naam gegee het, het in Desember 1777 ook die plaas van Jacob Erasmus Langs die Groot Visrivier aangedoen. Ene Schumacher het saam gereis en o.a. 'n skets gemaak wat volgens Volume 4 van die SA Biografiese Woordeboek as "Gezigt van de Camdeboo" beskryf word. In die bibliografie van die artikel word na die volgende item verwys: "Kaapse Argief, Kaapstad: VC 237: Afdrukke van tekeninge uit die Gordon-versameling, Rijksprentenkabinet, Den Haag." Ek het vir die Rijksargief in Den Haag 'n boodskap gestuur en gevra hoe ek 'n skandering van die skets kan bekom. Ek sal ook nog in die KAB gaan kyk na die afdruk daar, maar vermoed dit gaan 'n swart-en-wit afdruk wees. Julle weet nie dalk van 'n publikasie waarin die skets afgedruk is nie? Ek sal ook graag 'n lys wou bekom van ander sketse wat Schumacher op die reis gemaak het. Baie dankie Groete Daniel Jacobs Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)