RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] ''N "TREPPIE" - WAT NIE SO LELIKE GROWWE DING SOOS 'N BOKKIEKAR IS NIE
    2. Daniel Jacobs
    3. Beste Vriende Een van julle het nie dalk vir my 'n foto van 'n "treppie" nie? Dit is nou as ek die woord reg spel. Iemand het die volgende vir my gese: "Kyk ʼn bokkiekar is ʼn lelike growwe ding. ʼn Treppie is so ʼn Engelse waentjie met ʼn dakkie op en twee disselbome" Ek sal graag 'n foto van so 'n wanetjie wil afdruk saam met 'n storie oor 'n 6-jarige dogtertjie wat geweier het om koshuis toe te gaan. Toe koop haar pa 'n "treppie" en sy en 'n oppastertjie is met haar pa se groot wit perd Harry elke oggend "met die treppie" vanaf die plaas die 'vyf myl" dorp toe. Baie dankie Groete Daniel Jacobs -- Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)

    08/19/2013 03:42:04