Beste Vriende Ek is bang dat ek dalk twee Jacob Erasmusse met mekaar verwar. Ek doen navorsing oor Jacob gedoop 7.11.1745 sv. Lourens Erasmus en Martha Pienaar. Hy was getroud met E Bockelenberg Dan is daar 'n Jacob Erasmus gedoop 4.8.1738 sv Jacob Erasmus en waarskynlik Hester Pienaar. Hy was getroud met Anna Margaretha Visagie Ek weet dat eersgenoemde in 1772 'n leningplaas in die Camdebo ontvang het in 1776 een in die Agter Bruintjieshoogte gebied langs die Groot Visrivier. Die plaas se naam was Buffelsdrift. Daar is heelwat inligting beskikbaar oor 'n Jacob Erasmus wat langs die Groot Visrivier gewoon het - o.a.in Robert Gordon se reisjoernaal (in die tyd toe hy ook die Oranjerivier sy naam gegee het) en In Moodie se The Record van 'n Jacob Erasmus wat onwettig vee geruil het van die Xhosas. Dit word egter nie genoem dat hy sy plaas by Buffelsdrift gehad het nie. Ek vermoed egter nog steeds dit is waarskynlik eersgenoemde man na wie verwys word. Daar is egter ook die volgende twee verwysings in die Leningplaas Persone Indeks Kaartjies van die KAB: Jacob Erasmus - 20.4.1775 - RLR 23/2 p. 419 Jacob Erasmus - 30.5.1777 - RLR 25/1 p 189 Ek vermoed dit is die tweede man. Is daar dalk iemand wat kan lig werp op die identiteit en wel en wee van die tweede Jacob Erasmus asseblief? As hy ook 'n plaas langs die Groot Visrivier gehad het, is ek in die moeilikheid met heelwat van dit wat ek reeds oor eersgenoemde geskryf het. Ek deel graag my volledige stuk oor die mense wanneer ek dit voltooi het. Baie dankie Groete Daniel Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)