Beste Vriende Ek het 'n sterk vermoede dat die Petronella Margaretha du Plessis wat getroud was met Stephanus Fouche (1811) 'n susterskind van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter was. Ek het die volgende daaromtrent geskryf: "By die doop van Stephanus Fouche (1811) en sy vrou Petronella Margaretha du Plessis se dogter Petronella Margritha op 7 April 1834 in Cradock, het ‘n Jan Harm du Plessis en Petronella Margaretha Potgieter as doopgetuies geteken. Die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter het ‘n suster Petronella Margaretha gehad wat op 30 November 1794 gedoop is. Sy het op 2 November 1810 getrou met Jan Harmen du Plessis[i]<file:///D:/A%20PERSOONLIK/A%20KOOS%20BEKKER/0%20ERASMUS%20BOEK/0.%20ERASMUS%20BOEK/0000%20FINAAL/ERASMUS%20BOEK%20VOORBLAD.docx#_edn1>. Alles dui daarop dat die egpaar die ouers was van Petronella Margaretha du Plessis wat met Stephanus (1811) getroud was. Hulle was oud genoeg daarvoor en verder is Petronella Margaretha Fouche, wat op 7 April 1834 gedoop is ook haar ouers, wat op 2 April 1832 in die huwelik getree het, se oudste dogter[ii]<file:///D:/A%20PERSOONLIK/A%20KOOS%20BEKKER/0%20ERASMUS%20BOEK/0.%20ERASMUS%20BOEK/0000%20FINAAL/ERASMUS%20BOEK%20VOORBLAD.docx#_edn2>. Volgens die gebruik om die oudste dogter na die ouma aan moederskant te vernoem, is sy dan waarskynlik na haar ouma Petronella Margaretha Potgieter, wat ook as doopgetuie opgetree het, vernoem gewees. Die egpaar se seun Jan Harm Fouche wat as doopgetuie opgetree het by Stephanus Lourens Erasmus wat in 1865 gebore se doop, is dan ook hoogswaarskynlik vernoem na Jan Harmen du Plessis, sy oupa aan moederskant." Stephanus Lourens Erasmus se ma was Lydia Magdalena Fouche wat 'n dogter was van Stephanus Fouche (1811) en Petronella Margaretha du Plessis. Ek sal graag nog meer bevestiging wil kry van my vermoede en deel graag meer inligting oor die familie aan belangstellendes. Baie dankie Groete Daniel Jacobs ------------------------------ [i]<file:///D:/A%20PERSOONLIK/A%20KOOS%20BEKKER/0%20ERASMUS%20BOEK/0.%20ERASMUS%20BOEK/0000%20FINAAL/ERASMUS%20BOEK%20VOORBLAD.docx#_ednref1>NA Coetzee Du Plessis boek bl. 1004 [ii]<file:///D:/A%20PERSOONLIK/A%20KOOS%20BEKKER/0%20ERASMUS%20BOEK/0.%20ERASMUS%20BOEK/0000%20FINAAL/ERASMUS%20BOEK%20VOORBLAD.docx#_ednref2>SAG deel 2 bl. 331 -- Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)
Daniel, Moontlik beteken die brokkie vir jou iets. Die suster van AH Potgieter is begrawe op die plaas Hartebeesfontein 437IQ distrik Potcheftroom. Die erg verweerde grafsteen is op eggsa te sien by die skakel: http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=75683 Wat leesbaar is: GB D 18?1794 Piternella M Potgiter is Gestorven den 3 OKT 1851 Res onleesbaar. Seker een van die oudste identifiseerbare grafte in die Transvaal. Groetnis, Simon. -----Original Message----- From: buitenposten-bounces@rootsweb.com [mailto:buitenposten-bounces@rootsweb.com] On Behalf Of Daniel Jacobs Sent: 09 August 2013 01:02 PM To: sagenealogie Cc: BUITENPOSTEN Subject: [BP] VOORTREKKERLEIER AH POTGIETER SE SUSTER X DU PLESSIS Beste Vriende Ek het 'n sterk vermoede dat die Petronella Margaretha du Plessis wat getroud was met Stephanus Fouche (1811) 'n susterskind van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter was. Ek het die volgende daaromtrent geskryf: "By die doop van Stephanus Fouche (1811) en sy vrou Petronella Margaretha du Plessis se dogter Petronella Margritha op 7 April 1834 in Cradock, het 'n Jan Harm du Plessis en Petronella Margaretha Potgieter as doopgetuies geteken. Die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter het 'n suster Petronella Margaretha gehad wat op 30 November 1794 gedoop is. Sy het op 2 November 1810 getrou met Jan Harmen du Plessis Alles dui daarop dat die egpaar die ouers was van Petronella Margaretha du Plessis wat met Stephanus (1811) getroud was. Hulle was oud genoeg daarvoor en verder is Petronella Margaretha Fouche, wat op 7 April 1834 gedoop is ook haar ouers, wat op 2 April 1832 in die huwelik getree het, se oudste dogter. Volgens die gebruik om die oudste dogter na die ouma aan moederskant te vernoem, is sy dan waarskynlik na haar ouma Petronella Margaretha Potgieter, wat ook as doopgetuie opgetree het, vernoem gewees. Die egpaar se seun Jan Harm Fouche wat as doopgetuie opgetree het by Stephanus Lourens Erasmus wat in 1865 gebore se doop, is dan ook hoogswaarskynlik vernoem na Jan Harmen du Plessis, sy oupa aan moederskant." Stephanus Lourens Erasmus se ma was Lydia Magdalena Fouche wat 'n dogter was van Stephanus Fouche (1811) en Petronella Margaretha du Plessis. Ek sal graag nog meer bevestiging wil kry van my vermoede en deel graag meer inligting oor die familie aan belangstellendes. Baie dankie Groete Daniel Jacobs