RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] LE ROUX - SCHEEPERS - KLOPPER en KLOPPER
    2. Dorpshuis
    3. Johan Met verwysing na jou navraag hieronder. Volgens Oudtshoorn se huweliksregister is Stephanus Daniel Petrus le Roux (22 jaar) op 12.12.1864 in Oudtshoorn getroud met Catharina Johanna Klopper, 22 jaar oud, van Rietvallei aan de Camnatieberg. Volgens die huweliksregister is albei dus ongeveer 1842 gebore. Jy is dus reg - dit is NIE Stephanus Johannes Daniel le Roux wat met C J Klopper getroud was nie. In SAG is Catharina Johanna Klopper ook aan die verkeerde S D P le Roux gekoppel. Daar is dus 'n redelike deurmekaarspul met die Le Roux's! Alta le Roux Le Roux Dorpshuis/Townhouse Museum Hoogstraat 146 High Street OUDTSHOORN 6625 Tel.: 044 272 3676 E-pos: lerdorpshuis@mweb.co.za Kan iemand my help met die raaisel in die LE ROUX register SAG stop by die "pa". e8 Jacobus Benjamin * Oudtshoorn 18/09/1823 = George 24/07/1824 x George 04/03/1846 Gerrardins Anna Catharina SCHEEPERS *? f6 Stephanus Johannes Daniel LE ROUX * 8.10.1857 x Oudtshoorn, Catharina Johanna KLOPPER xx Petronella Johanna KLOPPER g1 Gabriel Johannes * 10.10.1865 g2 Johanna Gerbregga Carolina * 17.08.1867 g3 Petrus Johannes Jacobus * 21.07.1869 g4 IIennina Adriana + 21.07.1869 g5 Stephanus Daniel Petrus * 27.07.1871 g6 Jacobus Johannes * 11.07.1874 g7 Rudolph Frederik * 23.12.1879 g8 Anna Maria Magdalena * 02.05.1882 g9 Christina Petronclla * 01.08.1885 My vrae: 1. Die kinders kan onmoontlik Stephanus Johannes Daniel LE ROUX se kinders gewees het. 2. Wie is die twee KLOPPER dames met wie hy getroud is?

    08/20/2013 04:22:24