RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Die "ONS & HULLE" tydens ABO II
    2. Simon du Plooy
    3. GGSA NOORDWES SE SEPTEMBER TAKBYEENKOMS Die lente is om die draai en dit is tyd vir ons volgende takbyeenkoms. Hierdie keer kuier ons weer vir 'n slag in Klerksdorp. DATUM: Maandag, 2 September 2013 TYD: 18:30 vir 19:00 PLEK: Klerksdorp Museum (Ou Tronk), h.v. Margaretha Prinsloo- en Lombardstrate, Klerksdorp GAS/SPREKER: Carel Breedt ONDERWERP: “Ons en Hulle tydens die ABO” AGTERGRONDINLIGTING OOR SPREKER Carel Breedt, ons spreker vir die aand, is nie alleenlik ‘n Hartbeesfonteiner in murg en been, maar ook ‘n boer, filatelis, geskiedkundige, meerkatnavorser en les bes genealoog. Carel bevind hom van kindsbeen af langs die Kaalspruit. Reeds vanaf 1958 woon en boer hy op Syferkuil in die Hartbeesfontein-distrik. As jong man raak hy betrokke by die kerk, skool, kinderhuis en ’n verskeindenheid van gemeenskaps- en landbouorganisasies en lewer deurgaans ’n onontbeerlike diens. Dit is dus logies dat hy uitsonderlike kennis van sy kontrei, asook van die mense-, natuur en geografiese gesteldheid daarvan het. Hierdie agtergrond, tesame met sy skerp waarnemingsvermoë, liefde vir sy kultuurerfenis en bereidheid tot boekstawing van streeksgeskiedenis, kulmineer in sy besondere skryfwerk soos vervat in verskeie publikasies. Hierby kan sy besondere belangstelling in filatelie (seëlversameling), wat in 1978 begin het met seels van die ou ZAR, gevoeg word. Vir sy navorsing en versamelings oor verskeie onderwerpe het hy reeds verskeie toekennings ontvang. ONDERWERP VAN PRAATJIE: “Ons en Hulle” tydens die ABO” is die onderwerp waarop Carel, aan die hand van die boek “Boereverraaiers”, gaan uitbrei. Die “Ons en Hulle” van die ABO is veral in die Hartebeesfontein en Klerksdorp omgewing op die spits gedryf. Hartebeesfontein was op ‘n stadium bekend as “Little England” - tot so mate dat selfs in die Klerksdorpse konsentrasiekamp, asook die St. Helena-krygsgevangekamp mense uit dieselfde omgewing in twee groepe verdeel was, “boere vs. engelsgesindes”. Mense het die oorlogspoging versaak om redes van hul eie. Families is uitmekaar gedryf. Buurman het teen buurman, broer het teen broer, ouer het teen kind in konflik gekom. Altyd was daar die “Ons” en die “Hulle” en elkeen het waarskynlik na sy gewete (reg) opgetree. Persone ter sprake is o.a. die terreggestelde verraaiers Theunissen, De Beer en De Bruin wat sentreer rondom die plaas Lapfontein, Noord van Klerksdorp (en die gebeure op Lapfontein), asook die baie bekende Genl. Piet Cronje en sy broer Andries van die plaas Goedgevonden. Dit is minder bekend dat Andries Cronje en Jacobus Theunissen twee van die welvarendste boere wes van Potchefstroom was. Die onlangse film, “Verraaiers” is gebasseer op die tragiese verhaal van Theunissen en sy mense. Laat weet gerus vir Elmarie Weyers per e-pos (elmariew@tlokwe.gov.za) of telefoon (072 287 7994 of 018 299 5021) as jy die byeenkoms wil bywoon. Noordwes Groete, Simon. _____

    08/29/2013 09:52:36