Middag almal Is daar dalk een van die Coetzee kenners wat lig kan werp op hierdie Coetzee egpaar se voorsate: Ebenezer Coetzee * 7.11.1946 Middelburg (tvl) + 23.11.1984 in Boksburg-Benoni hospitaal, (MP 469/1985) begrawe in Brakpan, X te Elsburg met Johanna Christina Fransina Wessels *20.9.1941 Drie kinders is tussen 1970 en 1974 uit die huwelik gebore: Eunice, Edna en Enid Volgende die SK was sy ouers Jan Viljoen Coetzee en Maria Petronella Coetzee, en met sy afsterwe was hulle altwee reeds oorlede. Ek kon nie in Naairs so n egpaar opspoor nie naaste was n Maria Johanna Coetzee x Jan Viljoen Coetzee maar haar SK toon ander kinders so is nie die regte persoon nie. Die Coetzee boek (NA Coetzee) bevat nie hierdie mense nie. Sy familie hier in Australië soek na familie daardie kant, en alle addisionele inligting sal met groot waardering ontvang word. Groete Colin