Graag wil ek almal net in kennis stel dat die opgedateerde Joubert register (saamgestel deur Peet Joubert) nou en boek en CD formaat gaan verskyn. Die CD is ook al reeds aangestuur vir duplikasie. Weereens is daar verskillende pakkette saamgestel: 1. Die boek is in 2 formate beskikbaar * Die foto's gedruk in kleur * Die foto's gedruk in swart & wit 2. Saam met die boek kan die CD teen 'n baie geringe prys bestel word as 'n pakket. 3. Die CD kan afsonderlik bestel word, maar dan geen korting op gesamentlike aankope nie. Pryse en bestellings is beskikbaar en kan gedoen word deur vir Johanita Viviers by GGSA Noordwes-tak te kontak johanitaviviers at yahoo dot com Met seenwense en mag elkeen van julle jul navorsing geniet en vreugde daaruit put. Groete Hendrik Louw