RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. Re: [BP] ROBERT GORDON -SKETS CAMDEBOO
    2. Simon du Plooy
    3. Prof Patrick Cullinan se publikasie "Robert Jacob Gordon - The man and his travels at the Cape (UCT - 2003)" is beskikbaar op internet. Heelparty van sy sketse wat in die boek verskyn is op die internet beskikbaar maar nie almal nie. Net miskien vind jy waarin ju belangstel. Die sketse in die boek is in kleur, maar dit is kunsmatig, die afdrukke in die KAB is wel swart en wit. http://web.uct.ac.za/depts/age/people/Gordon/frameset.htm Die ontmoeting met Erasmus is o.a. op Bl 17 beskryf. Ek sal oor 'n week tuis wees en vir jou naslaan wat is daar as jy nie intussen geholpe raak nie. Groetnis, Simon. 88888888888888888888888888888888888 Subject: [BP] ROBERT GORDON -SKETS CAMDEBOO Beste Vriende Robert Gordon, die man wat o.a. op 23 Desember 1777, die Oranjerivier se naam gegee het, het in Desember 1777 ook die plaas van Jacob Erasmus Langs die Groot Visrivier aangedoen. Ene Schumacher het saam gereis en o.a. 'n skets gemaak wat volgens Volume 4 van die SA Biografiese Woordeboek as "Gezigt van de Camdeboo" beskryf word. In die bibliografie van die artikel word na die volgende item verwys: "Kaapse Argief, Kaapstad: VC 237: Afdrukke van tekeninge uit die Gordon-versameling, Rijksprentenkabinet, Den Haag." Ek het vir die Rijksargief in Den Haag 'n boodskap gestuur en gevra hoe ek 'n skandering van die skets kan bekom. Ek sal ook nog in die KAB gaan kyk na die afdruk daar, maar vermoed dit gaan 'n swart-en-wit afdruk wees. Julle weet nie dalk van 'n publikasie waarin die skets afgedruk is nie? Ek sal ook graag 'n lys wou bekom van ander sketse wat Schumacher op die reis gemaak het. Baie dankie Groete Daniel Jacobs

    08/03/2013 10:07:50