RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Fw: [SA-Gen] Elaine Lindstrom
    2. Elmien Wood
    3. Lyslede Ek dink onderstaande korrespondensie het ook betrekking op ’n probleem wat ek al waargeneem het op die lys, naamlik dat mense skakels aanstuur sonder om te sê waaroor dit handel.. Hier is twee uitstekende voorbeelde van hoe ’n verwysing gegee behoort te word: LDS Civil deaths Mossel Bay 1917 - selected entries Ek het vandag die bogenoemde indeks aan die ZAF Indexers gestuur. As iemand belangstel, kyk in die ZAF Indexers Argief onder Februarie 2013 Die transkripsies van die doopboek van die nederlandse hervormde gemeente te Kaapstad 1695-1712 is aangevul met die doope van slawe kinders van die Kompanie (VOC) vir die jare 1696-1712. Sien hiervoor ons eGGSA-webblad ‘South African Records Transcribed’: Daar kom partykeer briewe deur wat slegs meld “Probeer hierdie skakel …” of “Kyk na …” sonder om te verwys na die onderwerp of na vorige korrespondensie. Gee net asseblief een kort sinnetjie om te sê waaroor die skakel gaan en indien moontlik die naam van die webblad soos byvoorbeeld “eGGSA-webblad” of “British Concentration Camps of the South African War 1900-1902” of “FamilySearch” of “Ancestry24”. Net ietsie om mens te laat gerus voel dat ’n regte mens die e-pos gestuur het en nie ’n rekenaarprogram nie. Groete Elmien Vorige korrespondensie: Die boodskap beteken dat iemand jou identiteit gesteel het en dit nou gebruik om e-posse na die groep - en almal in jou e-pos adresboek te stuur met ongure en onwelvoeglike boodskappe. Die enigste manier is om die Elaine Lindstrom … adres te verander Ek gaan jou e-pos van die lys verwyder. Jy is welkom om weer aan te teken met 'n nuwe adres Groetnis Dennis Pretorius Hierdie boodskap kom blykbaar van my af, maar ek het dit nie gestuur nie!!! Dit is gestuur in 'n tydperk wat ek nie eers online was nie!!!! Jammer almal! Elaine Lindstrom Sulke eposse DELETE ek want ek het nie ‘n clue waaroor dit gaan nie en van wie dit eintlik kom nie........ Ann/Annatjie Tiran *Pelser fax 086-610-5567 >Subject: [SA-Gen] Elaine Lindstrom > >http://www.liarlaboratorio.com/doaqugvj/ql5b9d03wh5v9ik.9uyc0boy?vps4nd >jjzxn >b2/25/2013 12:50:29 PMElaine Lindstrom > /25/13

    02/26/2013 11:02:25