Ek is nie ingeboek by ANCESTRY.co.uk nie; As een van die lys lede dalk ingeteken is en vir my die volgende kan op soek; sal ek dit baie waardeer. Ek soek nou al jare na besonderhede van my man se oupa se oudste broer. Dit lyk so: Gert Jacobus Du Plessis getroud met Anna Jacoba Maria Barnard te Potchefstroom. Woon op plaas Driefontein 105, distrik Wolmaransstad. Kinders gedoop te Leeudoringstad. Oudste seun Gert Jacobus du Plessis gebore ongeveer 1885-1887 (die tweede seun Hendrik Christoffel sy ma se pa se naam is in 1889 gebore en te Leeudoringstad gedoop) Volgens die familie is die ouboet Gert J in die ABO in ongeveer 1901-2 doodgeskiet. Al wat ons van hom het, is 'n foto en ek kry nêrens enige inligting oor hom nie. Weet nie of die NG kerk rekords in die Paarl enige inligting het nie die Oorlogsmuseum het ook nie. Hy was blykbaar in een van die Wes-Transvaalse kommandos en was ongeveer 16-19 jaar oud toe hy geskiet is. As enigiemand lig kan werp of idees het waar ek nog kan soek, sal dit kosbaar wees. Dit is soos 'n baksteen muur waardeur ek nie kan breek nie. 'n Groot Tante het gesê dat hy te Makwassie konsentrasiekamp begrawe is, maar ek kry ook nie 'n konsentrasiekamp te Makwassie nie. Enige hulp sal waardeer word. Groete Anina
Hello Anina, Jy bedoel seker Ancestry24.com. Ek het gou gaan loer en kry die volgende: - Nou weet ek alweer nie uit watter databasis dit is nie. Vrystaat huwelike? Gert Jacobus du Plessis * 21 Okt 1863, Boshoff OVS. Okkupasie: Boer. Vader; Gert Jacobus du Plessis. Moeder: Gezina Maria Magrita. Eggenote: Anna Maria Jacoba Barnard. Huweliksdatum 3 Mei 1886. - Bron: Die Nasionale Boek: Naam: Du Plessis, Gert Jacobus Geb. dat.: 21 Okt 1863 te Boshoff, OVS Vader: Du Plessis, Gert Jacobus Moeder nooiensvan: du Toit Moeder se naam: Gezina Maria Magrita Van van Moeder: Barnard Eerste naam van eggenote: Anna Maria Jacoba Getroud: 3 Mei 1886 Ander inligting: Deelgeneem aan oorlog teen Korannas in 1885 en Jameson (sic). Was Veldkornet tydens Tweede Vryheidsoorlog in veldslae Graspas, Tweeriviere, Magersfontein en Paardeberg. Tydens Rebellie gevang te Upington, veroordeel tot 2 jaar tronkstraf. 1918 was voorsitter van Nasionale Party te Palmietfontein. Ek het die Nasionale Boek. Daar is 'n foto in.. Dan is daar nog een of twee SK wat moontlik van toepassing kan wees. Groete, Ria van den Heever ----- Original Message ----- From: "Anina du Plessis" <anina_@wol.co.za> To: <BUITENPOSTEN@rootsweb.com> Sent: Thursday, February 07, 2013 6:31 PM Subject: [BP] ANCESTRY Ek is nie ingeboek by ANCESTRY.co.uk nie; As een van die lys lede dalk ingeteken is en vir my die volgende kan op soek; sal ek dit baie waardeer. Ek soek nou al jare na besonderhede van my man se oupa se oudste broer. Dit lyk so: Gert Jacobus Du Plessis getroud met Anna Jacoba Maria Barnard te Potchefstroom. Woon op plaas Driefontein 105, distrik Wolmaransstad. Kinders gedoop te Leeudoringstad. Oudste seun Gert Jacobus du Plessis - gebore ongeveer 1885-1887 (die tweede seun Hendrik Christoffel - sy ma se pa se naam is in 1889 gebore en te Leeudoringstad gedoop) Volgens die familie is die ouboet Gert J in die ABO in ongeveer 1901-2 doodgeskiet. Al wat ons van hom het, is ''n foto en ek kry nêrens enige inligting oor hom nie. Weet nie of die NG kerk rekords in die Paarl enige inligting het nie - die Oorlogsmuseum het ook nie. Hy was blykbaar in een van die Wes-Transvaalse kommando's en was ongeveer 16-19 jaar oud toe hy geskiet is. As enigiemand lig kan werp of idees het waar ek nog kan soek, sal dit kosbaar wees. Dit is soos ''n baksteen muur waardeur ek nie kan breek nie. ''n Groot Tante het gesê dat hy te Makwassie konsentrasiekamp begrawe is, maar ek kry ook nie ''n konsentrasiekamp te Makwassie nie. Enige hulp sal waardeer word. Groete Anina ------------------------------- To unsubscribe from the list, please send an email to BUITENPOSTEN-request@rootsweb.com with the word 'unsubscribe' without the quotes in the subject and the body of the message