Dag vriende, Ek is seker my kop raas so 'n bietjie kwaai. Het iemand miskien enige Scheepers inligting asseblief? Ek het hier Jacobus Frederick SCHEEPERS getroud met Isabella Susanna Maria COMBRINK . Maar hier is die fout. Op die SK is hy getroud met Isabella Susanna Maria DEKKER + April 1893 ,dogter van Frans Abraham Jurgens DEKKER x Isabella Susanna Maria PRINSLOO. Hulle is van die plaas Kromdraai , Utrecht, Vryheid. Die dogter Isabella S M sterf op 27 jarige ouderdom 3 kinders. 1] Isabella Susanna Maria x KILIAN 2] Frederich Coenrad 3] Hester Petronella x STEENKAMP Dan het ek Maria Aletta SCHEEPERS x Jacobus Frederik Ook van Kromdraai . Hierdie Maria + 18 Feb 1933 op ouderdom op 57 jarige ouderdom. Haar ouers was Samuel Jacobus DE BEER x Johanna Susara gebore PRINSLOO. Maria en Jacobus se Kinders was/is :- 1] Jacobus Frederik 2] Johanna Susara x Jan Adrian KILIAN 3] Catharina Salomina x Martinus Petrus DUMINY 4] Maria Aletta x Gerhardus Rex VARKEVISSER 5] Samuel Jacobus * 31 Oct 1917 Nee wat ek dink ek moet die taak Maandag takel waneer ek nie moeg is nie. Hierdie laaste een is moontlik die Oupa en ouma . Groete Rita in Durban -geen groot reen en geen donderweer .