More Lyslede Ek probeer bepaal of Johannes van Vuuren * 1783 x Margaretha Brits * c1790 voortrekkers was. Volgens Helena Liebenberg se www.taaloord.co.za kom hulle nie op die lys van stamouers voor nie maar wel 'n J.G. Janse van Vuuren x M.A. Brits. Ek kry niks van laasgenoemde egpaar op eSAGI of op die internet nie en my vermoede is dat dit moontlik dieselfde egpaar as die eerste een kan wees. Het enige iemand dalk vir my meer inligting rondom die twee egpare en meer spesifiek, hul betrokkenheid by die Voortrekkers. Byvoorbaat baie dankie Stoffel -- Stoffel en Nicolene Willemse Kroonstad Stoffel se grootouers: Willemse x Potgieter en Graham x Burfitt Nicolene se grootouers: Beukes x van Zyl en Greef x Kok Vanne nagevors: Willemse, Beukes, Graham, Nieuwoudt, Flynn