Keith In my soektog na die Molle, ek bedoel in my “frantic” soektog na Cornelis Janse Moll in ’n ou koerantuitknipsel wat ek jaaaaaaare laas na gekyk het, kom ek toe af op die foto van Charles Frederik Hammerley Meintjes x Johanna Jacoba Aveling (my oumagrootjie se suster). Dit kom uit die Huisgenoot van 16 April 1930. Al wat dit sê is: Oud-senator en mev. C. F. H. Meintjes van Memel, OVS, wat onlangs hul goue bruilof gevier het. As jy die foto wil hê sal ek dit vir jou skandeer. Dalk het jy dit al gesien. My knipsel is baie geel van ouderdom en die kopie sal nie goed wees nie. Maar ek sal probeer. Groete Elmien