RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. Re: [BP] Graaff-Reinet - Derde Kompagnie Dragonders 1796 - 1798
    2. Elmien Wood
    3. Gerrit Ek wou ook seker maak: Dit is was Van Dale sê: dra·gon·der (de; zelfstandig naamwoord; meervoud: dragonders) 1(m) lichte ruiter2(v) forse vrouw; manwijf http://www.vandale.nl/opzoeken?pattern=dragonder&lang=nn Die bemanning van skepe was manskappe van die weermag voordat hulle knegte geword het, voordat hulle burgers geword het. Ek is nie seker wat die matrose gedoen het nie. Nogal ’n interessante vraag. Sou die VOC ’n matroos dadelik na hy herstel het op die eerste en beste skip Batavia toe gestuur het en was dit net die soldate wat so gelukkig was om in die Kaap agter te bly? Groete Elmien -----Original Message----- From: Gerhardus Frederik Oosthuizen Sent: Sunday, February 17, 2013 8:22 PM To: BUITENPOSTEN@rootsweb.com Subject: [BP] Graaff-Reinet - Derde Kompagnie Dragonders 1796 - 1798 Beste lyslede Ek is 'n nuwe lid hier by Buitenposten en het die volgende navraag Op ondervermelde url https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-1942-25129-47639-24?cc=1935348&wc=M9M4-TPM:1223321623 South Africa, Cape Province archives Records 1796-1992, Graaff-Reinet, Census records 1796-1798, vol J113-J115 Image 19 - 26 vind ek onder andere die volgende inskrywings Derde Kompagnie Dragonders Die inskrywings is opgedeel in rangvolgorde *Foto 19 : *Capitain, Eerste luitenant, Tweede luitenant, ?, ?, Wagtmeesters, Corporaals, Trompetters. *Foto 20 -26 :* alfabetiese volgorde van (troepe)? *Foto 27 -33 :* Compagnie de Reserve - weereens opgedeel in rangvolgorde My vraag is nou: Wat was die Dragonders? Was die persone in diens van daardie tyd se regering aan die Kaap? Of was hul bloot vrywilligers in iets soortgelyks soos die onlangse Kommadoe stelsel wat ons mee bekend is? Wanneer het dit begin en tot wanneer het die stelsel bestaan? Aan wie het hul gerapporteer? Was daar 'n ouderdomsperk? (minimum en maksimum ouderdom) Genealogiese groete GerritO Gerhardus Frederik (Gerrit) Oosthuizen Nelspruit Navorsing - Al die Oosthuizens van S.A. (asook aanverwante spellings van die van) ------------------------------- To unsubscribe from the list, please send an email to BUITENPOSTEN-request@rootsweb.com with the word 'unsubscribe' without the quotes in the subject and the body of the message ----- No virus found in this message. Checked by AVG - www.avg.com Version: 2012.0.2238 / Virus Database: 2639/5610 - Release Date: 02/17/13

    02/17/2013 03:17:51