RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. Re: [BP] Voortrekkers? Johannes van Vuuren en Margaretha Brits
    2. Johann Ahlers
    3. Beste Stoffel, In die nuutste (2011) uitgawe van Voortrekkerstamouers van JC Visagie verskyn die betrokke paar op p.573. Hulle wás dus Voortrekkers. Ek haal hieruit aan (vraagtekens ook): "VAN VUUREN, Johannes Janse - b2c3d1e4 ~Kaapstad 21/9/1783 +Kranspoort, Middelburg, Tvl 24/6/1865. X Margaretha BRITS ~18/3/1790. Woonplek: Bo-Olifantsrivier, George. Vertrekdatum: Begin 1836 (?) Trekgeselskap: AH Potgieter (?) My aanname is dat hulle saam met hulle seun Roelof Johannes getrek het. Johannes se ander seuns, Ockert Michiel, Johannes Petrus, ens. het waarskynlik later getrek. (SAG 15, p.287)" Vriendelike groete, Johann Ahlers Pretoria 2013/2/22 Stoffel en Nicolene Willemse <willemse.navorsing@gmail.com> > > > More Lyslede > > Ek probeer bepaal of Johannes van Vuuren * 1783 x Margaretha Brits * > c1790 voortrekkers was. Volgens Helena Liebenberg se www.taaloord.co.za > kom hulle nie op die lys van stamouers voor nie maar wel 'n J.G. Janse > van Vuuren x M.A. Brits. Ek kry niks van laasgenoemde egpaar op eSAGI of > op die internet nie en my vermoede is dat dit moontlik dieselfde egpaar > as die eerste een kan wees. Het enige iemand dalk vir my meer inligting > rondom die twee egpare en meer spesifiek, hul betrokkenheid by die > Voortrekkers. > > Byvoorbaat baie dankie > > Stoffel > > -- > Stoffel en Nicolene Willemse > Kroonstad > > Stoffel se grootouers: Willemse x Potgieter en Graham x Burfitt > Nicolene se grootouers: Beukes x van Zyl en Greef x Kok > > Vanne nagevors: Willemse, Beukes, Graham, Nieuwoudt, Flynn > > > > > ------------------------------- > To unsubscribe from the list, please send an email to > BUITENPOSTEN-request@rootsweb.com with the word 'unsubscribe' without the > quotes in the subject and the body of the message >

    02/22/2013 05:04:27