Goeie naand, Die ondervermelde inligting verskyn tov Wilhelm HENNING in Rosa Swanepoel se epos artikel oor Pretoria. : Wilhelm Henning 80-12-30 In 1880 tydens die eerste ABO is hy lid van die Pretoria Rifle Volunteers. No 6 Company. 81-10-19 Willem Henning en F.M. Moore is getroud op 12 Okt 1881. 81-06-11 W. Henning Onderteken adres aan pres. Brand tydens sy besoek aan Pretoria V-2/3 82-09-02 W. Henning Dogter gebore op 29 Augustus 1882 83-05-05 Hy woon politieke vergadering van J.C. Preller by. 83-12-14 W. Henning gee 'n bydrae vir die Java Rampfonds. 84-01-11 W. Henning onderteken die nominasie van H.W. Struben vir die Volksraad. 84-05-23 W. Henning dien as lid van die Jurie in die Lohner diefstal saak. 89-10-16 W. Henning skenk 'n prys vir 'n kompetisie van die ZA Schiet-vereeniging Is daar enige van ons lede wat oor verdere inligting ivm hierdie Wilhelm HENNING en sy vrou FM MOORE beskik." Groete Johan Vermeulen VERMEULEN en MOORE families albei volledig.