Beste Vriende Dit was mos in die "ou dae" meer algemeen onder Afrikaners dat ouer mans met jonger vroue getrou het (veral in pionierstye - voor die 1900's?). Kyk ook na die volgende: Lourens Jacobus Erasmus g. 8 Mrt 1774, Graaff-Reinet, d. 27 Mrt 1774, Graaff-Reinet, + 2 Okt 1851, Paulett Straat 74, Somerset-Oos x 3.1.1796 Louisa Catharina Grobbelaar g. 4 Feb 1781, Tulbagh, d. 11 Feb 1781 xx Magdalena Carolina Pietersen o. 20 Des 1835 xxx 14.5.1836 Anna Margaretha Carolina de Villiers g. 4 Sept 1817, d. 28 Sept 1817, Paarl, o. 26 Sept 1876, Pearston Lourens Jacobus Erasmus was reeds 62 jaar oud (met 15 kinders by twee eggenotes - met die oudste kind wat in 1799 gebore is) toe hy op 14 Mei 1836 met sy derde vrou getrou het. Anna Margaretha Carolina de Villiers was maar 18 jaar oud toe sy met hom getrou het. Sy het nog 5 kinders by hom gehad. Hy is op ouderdom 77 oorlede. As mens vandag sulke huwelike sien neig mens om te dink die jong vrou trou agter die man se geld aan. Lourens Jacobus Erasmus was 'n vermoeende man, maar ek het tog hierdie beeld dat sulke huwelike in daardie jare gesluit is omdat so 'n vrou geweet het dat sy 'n baie beter kans gehad het om haar kinders groot te kry weens groter armoede, die gevaarlike lewe op die grense, swak mediese dienste ens ens Die prentjie wat ek vandag van sulke huwelike het is dat die jong vrouens gewoonlik nie kinders by die ou mans het nie? Dus in daardie jare was dit deel van die oorlewingsdrang - die vrou trou met die een wat kan verseker dat haar kinders versorg word en oorleef - eerder dan met 'n ou man te trou - te wag totdat hy sterf en dan lekker te lewe met sy geld? Nie dat alle jong vrouens wat vandag met ou mans trou dit uiteraard noodwendig om daardie rede doen nie! Is daar dalk iewers iets (meer wetenskapliks - bostaande is mos maar my waarneming/gevoel/persepsie?) geskryf oor die onderwerp? Baie dankie! Groete Daniel Jacobs Vir gratis Genealogiese Handleiding: http://gendata.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=13&Itemid=28 Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)