Beste Vriende Ek is besig met navorsing oor b3c9d1e2 Jacob Lourens Carolus Erasmus = 2.11.1801 en sy nasate. Hy en twee van sy broers het aan die Groot Trek deelgeneem en van sy nasate het later jare op die plaas Roerfontein 100 naby die dorp Koster in Noordwes gewoon. Een van sy dogters was getroud met Louis Trichardt se seun Petrus Frederick. Hiermee meer inligting oor hulle: Nasate van Susanna Sophia Erasmus --------------------------------- 1-Susanna Sophia Erasmus g. 5 Jan 1827, d. 4 Mrt 1827, Somerset-Oos, + Apr 1880, Driefontein, Pilansberg, Rustenburg X Glen Lynden 30.5.1847 Petrus Frederik Trichardt + "Welverdiens" dist Ladysmith Natal ca 1860 |--2-Lewis Gustavus Trichardt |--2-Susanna Sophia Trichardt X Eric Stroh |--2-Jacob Lourens Carolus Trichardt |--2-Martha Dorothea Trichardt X Willem Abraham de Beer XX Jacobus Laurens Carolus Meyer |--2-Petrus Frederik Trichardt g. 12 Jan 1854, d. 30 Apr 1854, Ladysmith, Natal |--2-Maria Louisa Trichardt g. 2 Feb 1855, d. 18 Mei 1856, Ladysmith, Natal |--2-Esther Cornelia Trichardt X Gerhardus Jacobus Oosthuizen XX Johannes Michiel van Helsdingen g. ca. 1827, Cape Colony, + 1880, Driefontein, Pilansberg, Rustenburg |--2-Lourika van Helsdingen X Christiaan du Plessis |--2-Simon Frederik van Helsdingen |--2-Johan Giliam van Helsdingen |--2-Elsje van Helsdingen X Carel Oosthuizen Ek stel belang in meer inligting oor die Erasmus/Trichardt verbintenis. O.a. biografiese besonderhede van Petrus Frederik Trichardt. In sy Pa se dagboek word na hom as Pieta verwys. Siende dat hy eers in ca 1860 sterf was hy uiteraard een van die oorlewendes van die rampspoedige Trichardt Trek, wat op 'n stadium van Delagoabaai per skip na Natal geneem is. In sy Pa se Dagboek - waar na hom as Pieta verwys is - is interessante verwysings na hom. Dr. JC Visagie skryf ook baie interessant in Historia van November 1991 oor Jacob Lourens Carolus Erasmus, van sy broers en ook hulle Pa (Lourens Jacobus - ged. 1774) wat volgens Robert Hart, in 'n brief gedateer 31 Augustus 1835, besig was met planne om op Trek te gaan. Hy noem dat dit van die vroegste verwysings is na grensboere wat beplan het om te trek. Die broers het egter uiteindelik eers later getrek en die Pa het nie getrek nie. Die Erasmusse het in die Bruintjieshoogte Veldkornetskap naby Somerset-Oos gebly. Die volgende stelling van Dr. Visagie is baie interessant: "Hart se waarnemings in die omgewing van die dorp Somerset is tog vir ons kennis van die invloed van die trekgedagte van waarde omdat dit eerstens 'n paar nuwe gegewens oor die voorkoms en verspreiding daarvan bevat. Dit is betekenisvol dat die berig betrekking het op Afrikanerboere (nota: Die Erasmusse waarna ek hierbo verwys), wat in die onmiddellike omgewing van onder andere Louis Tregardt, Piet Meyer en Hans de Lange gewoon het - almal manne wat reeds vanaf die vroee jare dertig met die trekgedagte verbind kan word. Tweedens is dit belangrik om te verneem dat daar benewens Tregardt ook ander Afrikanerboere was, wat sterk genoeg motivering gehad het om reeds so vroeg as einde Augustus 1835 te wou vertrek." Dr Visagie noem ook dat Tregardt die Kolonie reeds vroeg in 1834 verlaat het om hom net anderkant die Oos-en Noordoosgrens van die Kolonie te vestig. Daarvandaan het hy in September 1835 finaal weggetrek. Dus in die maand of wat voordat Trichardt finaal weggetrek het, het die Erasmusse - wat in dieselfde omgewing as Trichardt gewoon het - volgens Hart ook beplan om te trek. Die feit dat Jacob Lourens Carolus Erasmus en sy familie juis op daardie tydstip oorweeg het om te trek - tesame met die feit dat sy dogter uiteindelik (in 1847) met Tregardt se seun sou trou - laat 'n mens dus vermoed dat hulle moontlik selfs beplan het om saam met Tregardt te trek. 'n Moontlike rede volgens Dr. Viasgie waarom hulle wel nie getrek het nie, was omdat die Pa (Louwrens Jacobs - 1774) se vrou in 1835 oorlede is. Hy het op 14 Mei 1836 met AMC de Villiers hertrou en Dr. Visagie spekuleer dat sy of haar familie hom oorreed het om nie te trek nie. Hy sterf uiteindelik op 2 Oktoiber 1851 in sy huis op die dorp Somerset-Oos. Drie van sy seuns neem wel aan die Groot Trek deel. Dr. Visagie skryf in sy boek Die Trek uit Oos-Rietrivier heelwat oor Trichardt, die Meyers en Hans de Lange wat soos wat ek hierbo genmoem het volgens hom van die vroee draers van die trekgedagte is. Dit sal nou interessant wees om die ligging van die Erasmus plase (Doornkloof en Rietfontein) in Bruintjieshoogte te vergelyk met die plase en woonplekke van die persone. Dr Viasie en JS Bergh se atlas The Eastern Cape Frontier Zone 1660-1980 behoort 'n waardevolle bron daarvoor te wees. As van julle hierby kan aanvul sal ek dankbaar wees. Ek deel ook graag verdere inligting oor bostaande. Groete Daniel Jacobs Vir gratis Genealogiese Handleiding: http://gendata.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=13&Itemid=28 Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)