Ekskuus, ek het vergeet om te sê die kategorie waarna ek gekyk het "All other places" was en ek het sommer aangeneem dat dit hoofsaaklik Suid-Afrika en ’n paar klein nedersettings ingesluit het. Mens moet natuurlik kyk of ander plekke ’n groot aantal immigrante ingeneem het in 1859. Elmien -----Original Message----- From: Elmien Wood Sent: Sunday, April 07, 2013 11:40 AM To: SAGenealogie ; Buitenposten Subject: [BP] Engelse/Indiese Immigrasie na Suid-Afrika Lyslede, Op die webblad TheShipsList se afdeling “Immigration Reports” en daarna Total Emigration from UK 1815 to 1870 kry ’n mens die tabel van die totale aantal immigrante vanaf Engeland na Suid-Afrika. Daar is ’n aantal pieke in die grafiek. Die eerste piek is in 1817 wat ooreenstem met die Moodie-groep se aankoms in Suid-Afrika. Die volgende piek is 1820 wat die Britse setlaars aandui. Die laaste piek is in 1859 wat volgens my saamval met die Indiese immigrasie na Suid-Afrika, maar dit beteken dat die grafiek slegs die passasiers op die skepe aandui en nie noodwendig die Britte nie. Is my teorie reg? Het die Indiese immigrante via Brittanje na Suid-Afrika gekom? Groete Elmien ------------------------------- To unsubscribe from the list, please send an email to BUITENPOSTEN-request@rootsweb.com with the word 'unsubscribe' without the quotes in the subject and the body of the message ----- No virus found in this message. Checked by AVG - www.avg.com Version: 2012.0.2240 / Virus Database: 2641/5729 - Release Date: 04/06/13