Ek sukkel om inligting oor die volgende egpaar te kry - is daar dalk iemand wat kan help? Pieter Egbert Klue x 21.05.1894 Uniondale met Anna Elizabeth Rossouw Ek kan nie Pieter Egbert se doop kry nie, hoewel ek al sy sibbes in George gekry het. Ek het ook geen inligting oor sy vrou nie. Hulle kinders is in Uniondale/De Rust gedoop. Die tweede seun heet Gabriel Jozua Rossouw Klue en die oudste dogter Gesina Maria De Beer Klue. Die twee is vermoedelik na die grootouers aan moederskant vernoem. Ek kry niks in SAG nie. Sou die ouma aan moederskant 'n De Beer gewees het? Weet iemand dalk? Enige hulp sal waardeer word. Baie dankie Alta le Roux Le Roux Dorpshuis/Townhouse Museum Hoogstraat 146 High Street OUDTSHOORN 6625 Tel.: 044 272 3676 E-pos: lerdorpshuis@mweb.co.za