Goeie naand , Graag verneem ek of daar van ons lede is wat dalk oor inligting van die volgende egpaar beskik : Stephen John (George) MOORE, geb. ca 1880 (22 jaar oud tydens huwelik) Trou in die Wesleyan Kerk te Aberdeen op 20 Oktober 1902 met Maria Petronella ERASMUS, * ca 1883 (19 jaar oud ten tye van hul huwelik). Die egpaar doop ‘n aantal kinders in die Wesleyan kerk te Aberdeen. Enige hulp sal waardeer word. Groete Johan Vermeulen Vermeulen en Moore families.