RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. Re: [BP] Adolph Jonker se mt-DNA
    2. emlo
    3. Ek besluit toe ek moet self probeer om uit te vis of Adolph Jonker se mt-DNA dalk nog huidiglik in lewende nageslag van hom bestaan. Ongelukkig het my projek baie vinnig tot stilstand gekom: Johanna Jonker (suster van stamvader Adolph ), oorlede 1/2/1789. x 12/10/1755 Johann Braun Olckers, geneesheer van Duitsland. Dis was sy 2de huwelik Ek sien in Pama net een kind vir hulle - 'n seun Johannes Adolphus Jonker. Indien dit hulle enigste kind was sou Johanna Jonker se mt-DNA nie verder langs 'n vroulike lyn kon voortgedra word nie, en sou daar dus nie 'n huidiglike draer van Adolph se mt-DNA wees nie. Tog te jammer!!! Kan iemand bevestig - het hulle definitief net een kind gehad - hierdie seun? Of was daar dalk meer - oa 'n dogter ook??? Weet iemand of Adolph Jonker dalk meer susters gehad het? Groete, Martina. > Message: 1 > Date: Mon, 4 Mar 2013 20:36:24 +1000 > From: "emlo" <mlouw1@bigpond.net.au> > Subject: [BP] Adolph Jonker y-DNA en mt-DNA > Hallo Mara, > .......Wat Adolph se ma se herkoms betref is daar net een oplossing wat ek > kan sien. In Heese se ongeklassifiseerde Jonkers is daar 'n Johanna > Jonker, suster van die stamvader. Sy sou ook die mt-DNA van Adolph se ma > gedra het. Sy het met Johann Braun OLCKERS getrou op 12/10/1755, en is > oorlede 1/2/1789. As mens haar lyn terugvolg tot die hede, van ma tot > dogter, indien sy wel nog lewende vroulike nageslag het, sal hulle Adolph > se ma se m-DNA dra en kan dit uitsluitsel gee oor haar en Adolph se > moederslyn se herkoms. > Sien iemand kans vir so 'n mt-DNA projek, om Adolph Jonker se mt-DNA te > probeer identifiseer in 'n hedendaagse afstammeling van sy suster? > Groete, > Martina. > (Brisbane)

    03/05/2013 01:14:23