Beste Helena Met die digitalisering van verskillende argiefgroepe dink ek dat daar baie regstellings in die geskrewe geskiedenis gaan kom. Ek kyk nogal dikwels na TANAP en weereens kry ek meer vrae as antwoorde. Een vraag wat my man my gevra het is hoekom het die mense by mekaar geld geleen? Omtrent by elke boedel is daar krediteure en debiteure. Nou, as die mense geld gehad het, hoekom leen? Of was dit goed en goeters wat gegee en ontvang is? ’n Stukkie seep vir ’n paar perskes? Ek verstaan dit glad nie. Nog iets wat ek op TANAP kry is die verskriklikke hoë waarde wat aan slawe toegeken is kort voor die vrystelling, of was dit na die verbod op handel in slawe? Die mense van destyds het presies geweet wat aangaan, maar omdat dit algemene kennis was het hulle nie dit nie nodig gevind om dit neer te skryf nie. Groete Elmien From: Helena Liebenberg Sent: Monday, March 04, 2013 5:15 PM To: SAGenealogie@yahoogroups.com Subject: [SA-Gen] Adolph Jonker en die Resolusies Beste Elmien en ander belangstellendes Na aanleiding van die korrespondensie oor Adolph Jonker het ek deur die TANAP-CD se Resolusies van die Politieke Raad geblaai en op die volgende inligting afgekom; dit het nie slegs met Adolph Jonker te doen nie, maar o.a. ook met waarskynlik sy nageslag (seun, dogter en kleinseun) se woonplek, nering en besoek aan Nederland onderskeidelik. Die Resolusies is en bly 'n kosbare bron van inligting oor die VOC-tydperk aan die Kaap. C. 130, pp. 284-286. 17520815 Dingsdag den 15: Aug:s 1752 'S voormiddags alle præsent. Is op het hierom in Schriptis gedaane versoek bij den Burger en Koster aan Drakensteijn Adolf Jonker, aan denzelven in Eijgendom gegeeven, een Stukje Huijs Erfs en ThuijnLand geleegen aan de Paarel ter groote van Twee Morgen Netto. C. 145, pp. 306-328. 17671124 Dingsdag den 24 Novb: 1767: Terwijl wijders, naar Lectuure der diesweegens ingediende Requesten, aan de Burgers Gerrit Reijnders en Johannes Braun Olkers, is gepermitteerd, omme nevens derselver Huijsvrouwen Dorothea Raats en Johanna Jonker, item des laatstgem: Soontje genaamt Johannes Adolphus, oud vijf Jaaren, onder betaalinge der gewoone Transport en Costpenn:, voor Logies en Tractament in de Cajuijt, met de verwagt werdende Retourscheepen naar Neederland te moogen overvaaren. C. 155, pp. 287-294. 17770830 Saturdag den 30: Aug:s 1777. ... is voorts aan den Burger Pieter Jonker, op zijn hierom almeede in Scriptis gedaan verzoek, insgelijx in Eijgendom gegeeven, een Stuk Huijs Erfs, ter groote van Twee Morgen, geleegen aan de Païrl onder 't District van Drakensteijn, ten eijnde zig daarop, tot het voortsetten van desselfs Schoenmakers-Ambagt, ten dienste der daaromtrent woonende Ingezeetenen, te mogen ter neder setten. C. 157, pp. 132-164. 17790330 Dingsdag den 30 Maart 1779. Sijnde voorts naar resumptie eener Missive van't Eerw: Collegie van Kerkenraade aan Drakensteijn, de dato 22:ste Febr:ij Jongstl: goedgevonden, de gedaane aanstelling van den Burger Hartwich Johannes Luttich, tot Coster der Kerk aldaar in Steede van den overleedenen Adolph Jonker t' approbeeren. Vriendelike groete Helena (TANAP- en TEPC-CD) __________________________________________________________ On 2013/03/04 12:57, mailto:SAGenealogie%40yahoogroups.com wrote: > > 3a. Re: Adolph Jonker se afkoms > From: Elmien Wood > > > > > More > > Ek is n totale groentjie en is op soek na die stamboom van die coetzee van > Robertson > My pa is gebore op 6/01/1929 ek sou graag meer wil weet hy was Jacobus > Johannes Coetzee en oorlede 1975 ek is dus die laaste hy was ook enigets > seun > > Baie Dankie > Johann > > [Non-text portions of this message have been removed] > > > __._,_.___Reply via web post Reply to sender Reply to group Start a New Topic Messages in this topic (1) Recent Activity: Visit Your Group SAGenealogie is n poslys vir die bespreking van genealogiese en genealogies-verwante aangeleenthede alleenlik, onderhewig aan die voorwaardes soos uitgespel by http://www.sagenealogie.com Lede wat aangeleenthede wil opper wat nie van 'n suiwer genealogiese aard is nie, word versoek om dit nie op die poslys te doen nie, maar dit liefs van die lys af direk aan die betrokkene te stuur. Probleme, klagtes en voorstelle vir verbetering moet gestuur word aan: SAGenealogie-owner@yahoogroups.com Besoek ons webblad by: http://www.sagenealogie.com http://www.sagenealogy.com Switch to: Text-Only, Daily Digest • Unsubscribe • Terms of Use • Send us Feedback . __,_._,___ No virus found in this message. Checked by AVG - www.avg.com Version: 2012.0.2238 / Virus Database: 2641/5646 - Release Date: 03/03/13