Goeiedag aan veral die Mentz (Elmien) en Fourie navorsers (Elmien & Petrus!) 1. In SAG 5 Bl 527 die volgende inskrywing: d6 David Joachim MENTZ* 10.12.1848 x Sara Johanna Catharina DU PLOOY e1 Susanna Johanna * 30.3.1874 e2 Hendrik * Bethlehem 8.8.1877 † Pretoria 3.6.1938, kabinetslid x 15.12.1902 Geertruyda Johanna ROUX xx Esmé FOURIE 2. Volgens die “Gedenkalbum van die Mentz geslag 1749-1949” (Bl 101) was sy tweede huwelik met Ezme Annie Fourie en hulle het een kind Martin *4.1.1927 x Patricia Badenhorst. 3. Maar dan in SAF 11 Bl 147: f1g11 Anna Elizabeth Fourie x Hendrik Mentz (Sy was ‘n dogter van Johan Louis Fourie * c. 1864 † 8.8.1949 x Sarah Maria Alice BOSCH *1868 +16.11.1942) Het ek genoeg rede om te aanvaar dat Esmé Fourie, Ezme Annie Fourie en Anna Elizabeth Fourie dieselfde persoon is? Die “korrekte” en ook meer volledige inligting oor die egpaar sal baie welkom wees. Groetnis, SdP