Goeiedag uit Potch. GGSA Noordwes se takjoernaal FAMNEA het sy verskyning op GGSA se webblad gemaak - Met 'n inhoudsopgawe soos hieronder is dit so te se verpligtend om af te laai. Groetnis en lekker lees. Simon. INHOUDSOPGAWE: Klerksdorp se ou Begraafplaas. Saamgestel deur Roelf Marx, voormalige Kurator van die Klerksdorp museum en kenner van Klerksdorp en sy geskiedenis, deel sy kennis oor Voortrekkerpioniers, mynmagnate, joiners, hensoppers, kampkinders en ander interessante mense wat hul laaste rusplek daar gevind het. Streek- en plekname van weleer. Bruintjieshoogte, Agter-Bruintjeshoogte, Swaershoek en die Smaldeel. Lees meer oor die plekke in die eerste van 'n reeks waarin streek- en plekname van weleer aan die leser bekendgestel gaan word. Fokus op Families: Opperman - 'n Vervolg op die vorige uitgawe se Oppermanfamilie wie se verhaal met die landsgeskiedenis vervleg is byna soos die Amerikaanse TV Reeks "How the west was won". Serendipity and the six degrees of separation. -The title tells all. Genealogist of the year 1996: "The Margaret Harradine story" Genealoog van die jaar 2002: Niel Botha - 'n Terugblik En die tak se sosiale aktiwiteite en erkenning aan taklede sluit die uitgawe af.