Hallo Martina Ongelukkig is skoonma se broer reeds in 1983 oorlede. Hy het wel 5 seuns gehad waarvan 4 nog lewe. Ek is seker die oudste: Michiel Frederik Jonker sal enigetyd aan so 'n projek deelneem. Hy is heel familie bewus. Jy kan hom kontak op jonkerm14@telkomsa.net. Mara Potgieter Rustenburg Cell: 082 867 1033 Fax: 086 560 2033 ________________________________ From: emlo <mlouw1@bigpond.net.au> To: BUITENPOSTEN@rootsweb.com Sent: Monday, March 4, 2013 12:36 PM Subject: [BP] Adolph Jonker y-DNA en mt-DNA Hallo Mara, Jou man se mt-DNA sal hy van my ma gekry het, wat dit op haar beurt weer by haar ma gekry het en so voort. Sy mt-DNA sou dus nie van sy Jonker kant af kom nie maar van sy ma se ma af. Dit los dus ongelukkig nie ons Jonker DNA tammeletjie op nie. Ons sal moet 'n paar Jonker mans wat van Adoph afstam kry om hulle y-DNA te laat toets. Ek het al 'n paar gevra, een het wel syne aan Sorenson gestuur maar hulle is nie meer in besigheid nie so dit was 'n doodloopstraat. Ek hoop maar 'n paar ander sal een of ander tyd hulle s'n laat toets. Het jou skoonma nie dalk 'n broer of 'n pa wat dalk sal belangstel nie? Dit sal sowaar baie help om Adolph se vaderslyn se herkoms te bepaal. Wat Adolph se ma se herkoms betref is daar net een oplossing wat ek kan sien. In Heese se ongeklassifiseerde Jonkers is daar 'n Johanna Jonker, suster van die stamvader. Sy sou ook die mt-DNA van Adolph se ma gedra het. Sy het met Johann Braun OLCKERS getrou op 12/10/1755, en is oorlede 1/2/1789. As mens haar lyn terugvolg tot die hede, van ma tot dogter, indien sy wel nog lewende vroulike nageslag het, sal hulle Adolph se ma se m-DNA dra en kan dit uitsluitsel gee oor haar en Adolph se moederslyn se herkoms. Sien iemand kans vir so 'n mt-DNA projek, om Adolph Jonker se mt-DNA te probeer identifiseer in 'n hedendaagse afstammeling van sy suster? Groete, Martina. (Brisbane) ------------------------------ Message: 5 Date: Sun, 3 Mar 2013 23:47:47 -0800 (PST) From: mara potgieter <mara.potgieter@yahoo.com> Subject: Re: [BP] [SA-Gen] Adolph Jonker se afkoms To: "buitenposten@rootsweb.com" <buitenposten@rootsweb.com> Message-ID: <1362383267.95127.YahooMailNeo@web122405.mail.ne1.yahoo.com> Content-Type: text/plain; charset=utf-8 Goeiemore My skoonma is 'n nooi Jonker en my man het deelgeneem aan die DNA navorsing deur die Departement van Genetika van Tuks. Ek stuur graag die ?mitochondriale voorouerverslag na jul e-pos adresse Mara Potgieter Rustenburg ------------------------------- To unsubscribe from the list, please send an email to BUITENPOSTEN-request@rootsweb.com with the word 'unsubscribe' without the quotes in the subject and the body of the message