Goeie dag, Ek verbeel my daar was 'n tyd gelede 'n bespreking oor fotografie en fotograwe wat op spesifieke tye in spesifieke dorpe bedrywig was. Ek probeer om die tydperk waarin 'n ou familiefoto geneem is te bepaal, en sodoende die persoon te identifiseer. Die foto is in Marico, Zeerust geneem (ek vermoed 1880 - 1890, maar volgens familie oorlewering dateer die foto (en die persoon) uit die tydperk 1915- 1925). Die fotograaf is Levinson en ek sou graag wou uitvind wanneer hulle in Zeerust begin fotos neem het. As daar dalk iemand op die lys is wat 'n fotografie kenner is of my na iemand kan verwys wat vir my 'n professionele opinie oor die foto kan gee sal dit hoog op prys gestel word (ek het reeds die foto na 2 kleredrag/kostuum-kenners verwys en wag vir terugvoer van hulle). Groete, Scott Kotze