RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] ERASMUS - SMIT - CILLIERS
    2. Ben Cilliers
    3. Ek is op soek na die geskiedenis van twee ERASMUS-families. Die vrae waarop antwoorde waardeer sal word is: 1 Wie het hulle grootgemaak? 2 Waar was hulle gevestig gewees? 3 Het enige lede van die betrokke gesinne aan die Groot Trek deelgehad? Studente van die ERASMUS-familie sal my sekerlik kan help. Al my vrae wentel eintlik om een vrou naamlik, Magteld Margaretha SMIT, ~Kaapstad 13-9-1789, dv Jacobus SMIT en Maria Louisa ERASMUS Magteld SMIT, was eers met Cornelis Johannes ERASMUS, daarna met Jacob Abraham ERASMUS en laastens met Jan Daniel CILLIERS (Die bekende Voortrekker, Sarel Arnoldus se oudste broer.) getroud. Magteld is voor 1851 op die plaas Biddulphsberg, noord van Senekal, oorlede, waar haar oudste stiefseun, Jan George Stephanus CILLIERS, sowel as haar laaste eggenoot, ook begrawe is. My vrae hierbo verwys na die twee Erasmus-gesinne waarvan Magteld Margaretha SMIT die moeder was. Die besonderhede van die twee gesinne volg: Magteld Margaretha SMIT xKaapstad 25-3-1804 Cornelis Johannes ERASMUS (sien SAG p222) Hul kinders: 1 Carolus *30-3-1806 ~Graaff-Reinet 16-10-1808 2 Martha Louisa *26-4-1808 ~Graaff-Reinet 16-10-1808 3 Jacobus Lourens Rasmus *31-5-1810 ~Graaff-Reinet 2-12-1810 4 Geertruyda Margaretha *20-4-1812 ~Graaff-Reinet 18-5-1812 Magteld Margaretha SMIT xxGraaff-Reinet 27-12-1812 Jacob Abraham ERASMUS (Sien SAG p222 en p223) 1 Jacobus Petrus *8-12-1813 ~Graaff-Reinet 11-4-1814 2 Cornelis Johannes *9-11-1816 ~Graaff-Reinet 2-2-1817 3 Johanna Maria *10-1-1821 ~Graaff-Reinet 18-5-1821 Magteld SMIT en haar derde man, Jan Daniel CILLIERS, het die Oos-Kaap een of ander stadium gedurende die 1840-1842 periode verlaat, na Pietermaritzburg toe getrek, en kort daarna na die OVS toe verhuis, waar haar man die plaas Biddulphsberg aangeskaf het. Ek kon nerens enige getuienis vind dar Magteld se ERASMUS-kinders saam met hulle beweeg het nie. Ben Cilliers

    09/06/2013 02:09:42