Beste Vriende Net iets interessants oor De Villiers/Pama se Geslagregisters van Ou Kaapse Families. Ek haal aan uit 'n boodskap aan 'n ander Jacobs(z) navorser: "Willem Hendrik (1804) is in Tulbagh gedoop. Toevallig is my voorouer Willem Daniel Jacobs ook in 1804 in Tulbagh gedoop. Oom Hennie van Zyl vir wie ek as leeskamerbeampte by die NGK Argief opgevolg het, het in die 1980's vir my vertel dat van Tulbagh NGK se data verlore gegaan het voor die publikasie van De Villiers se boek. Hy het iets in dier voege gese dat van die kaartjies waarop die data was geval het - toe deurmekaar geraak het - en is toe nooit in die boek opgeneem nie. Daarom het ons ook baie gesukkel om my Jacobs-lyn te voltooi - want alhoewel De Villiers se boek tot ongeveer 1810 volledig is , was ook my Willem Daniel (1804) se naam nie daar in nie." Bostaande na aanleiding van die feit dat Willem Hendrik Jacobsz (1804) se naam nie in De Villiers/Pama voorkom nie. Hy was die eerste landdros van Winburg. Daar is ook 'n tesis oor hom opgeneem in die SA Argiefjaarboek. Hy stam uit Jan Jacobs van Ter Vere in Nederland, terwyl ek uit die Hugenoot Pierre Jacobs stam. Groete Daniel Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)