RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Twee keer getroud met die handskoen uit die graf?
    2. Johan Pottas
    3. Naand almal Ek het so 'n effense probleem, die saak is vir my so helder soos modderwater. Laat ek die saak stel: 1. In die Cedarville se NGK rekords vind ek die volgende inskrywing: Op 22 Desember 1890, ds JN Dower? bevestig die huwelik tussen: Petrus Jochemus KLOPPER 21 jaar oud, boer van South Park, Matatiele en 'n jonkman en Anna Maria THOMASSE * HERSELMAN (HESSELMAN?) weduwee van Poortje, Matatiele na die opgee van gebooie As getuies teken JS? VAN DER MERWE en JPJ? THOMASSE 2. In SAG vol 13 p 175 die volgende inskrywing: Josef Johannes Petrus THOMASSE * c. 1866, skaaphandelaar v. Kokstad, boer “Mount Nephin”, dist. Barkly-Oos x Barly-Oos 1.4.1888 Anna Maria HESSELMAN * 17.7.1868 † c. 1892 d.v. Johan Tobias HESSELMAN enMargaretha Maria MALAN xx Barly-Oos 6.6.1893 Christina Wilhelmina Fredrika (Kitty) BOTHA * c. 1876 d.v. Josef Jacobus BOTHA en Elizabeth Margaretha PYPER xxx Rhodes 19.5.1936 Anna Maria Francina OLIVIER (weduwee van Ruben Jakobus Hosea SCHOEMAN seun vann Jacobus Petrus Johannes SCHOEMAN en Catharina Elizabeth Johanna BOTHA) * c. 1888 Uit bogenoemde inskrywing blyk dit dat Josef Johannes Petrus THOMASSE twee keer getroud is nadat die predikant by sy eerste vrou se tweede huwelik aangeteken het dat sy 'n weduwee is? Hierdie ou het geen kinders uit sy eerste huwelik nie net uit sy tweede huwelik. Het iemand dalk die regte inligting, want HIER IS 'N GROOT FOUT. 3. Op NAAIRS die volgende inligting wat waarskynlik die sleutel tot die raaisel sal wees: Jozef Johannes Petrus THOMASSE (KAB MOOC 6/9/245.836/1887) Josef Johannes Petrus THOMASSE (KAB MOOC 6/9/26.131/1889) Een van bogenoemde was getroud met 'n Anna Jacoba NN, die ander weet ek nie. Groete uit 'n kouerige Bloemfontein Johan J Pottas Tel: +27-51-522-7329 huis Tel: +27-82-569-3727 sel Posbus 34559, Faunasig, 9325 IKT / ICT Universiteit Vrystaat / University Free State Tel: +27-51-401-2767 werk Faks: +27-51-401-2765 werk _____________________________________________________________________ University of the Free State: This message and its contents are subject to a disclaimer. Please refer to http://www.ufs.ac.za/disclaimer for full details. Universiteit van die Vrystaat: Hierdie boodskap en sy inhoud is aan 'n vrywaringsklousule onderhewig. Volledige besonderhede is by http://www.ufs.ac.za/vrywaring beskikbaar. _____________________________________________________________________

    06/25/2013 03:36:29