Beste Lede, die JOUBERT-boek (Uitgawe 2013) soos saamgestel deur Dr. Peet Joubert, is nou gereed om na die drukkers / binders te gaan en word soos volg opgesom: Bestaan uit 1300 bladsye, gebind in twee A4 boeke met kunsleer omslag. Die register gedeelte is ± 1260 bladsye. Die register is in Arial Narow 11 gedruk en die Indeks agter op 8 / 9, maar beslis duidelik leesbaar. Amper 4,000 nuwe individue bygevoeg en regstellings wat gerapporteer is van die vorige weergawe, is reggestel. Hierdie is 50% meer as met die vorige uitgawe. (In Times Roman New 12 met VANNE, sou die boek amper 1,800 bladsye gewees het, so om kostes te bespaar en die boek meer bekostigbaar te maar, is exstra karakters / spasies / die herhaling van die Joubert VAN ens tesame met die font gebruik om 'n billike prys te beding. 1. Ek gaan net vooraf bestellings hanteer omrede die totale prys baie hoog is. 2. Die afsny-datum vir bestellings van 17 Junie 2013 word verleng na 24 Junie 2013 (baie Joubert's nog nie al hul familie-lede gekontak nie, en vra dus uitstel), die wat nie bestel en betaal het nie kry nie boeke nie. Ek werk wel van 'n belangstellingslys af vir 160 moontlike bestellings. Reeds meer as 80 boekbestellings bevestig en betaal, puik .... Die pryse is as volg: Moontlikhede omdat die boek 19 bladsye foto's bevat wat in kleur of "wit&Swart" gedruk kan word, maar die kleurdruk is presies R100.00 per boek duurder, dus: Wit & Swart alles: GGSA-Lede: R950.00 per boek / nie-GGSA-lede: R1,425.00 per boek Met kleur foto's: GGSA-Lede: R1,050.00 per boek / nie-GGSA-lede: R1,575.00 per boek Posgeld is R80.00 per boek of indien meer as een boek bestel word, vra posgeld aan by Johanita Viviers johanitaviviers@yahoo.com ) Bestellings moet asb. voor 24 Junie 2013 geplaas word by Johanitaviviers@yahoo.com : Meld asb duidelik Joubert/ "U naam" as verwysing op inbetaling by GGSA Nasionaal (Stuur ook asb. bewys van betaling aan Johanita) GGSA Nasionaal Bank: Nedbank Branch Killarney 19-16-05 Account 19-1605-1332 Die boek sal D.V. einde Julie versprei word. Indien JOUBERT familie-lede voor die afsny-datum van 24 Junie 2013 bestel en betaal, is hulle ook geregtig om vir die GGSA-lede prys in aanmerking te kom. Groete en aangename dag verder Hendrik Louw GGSA Produk Ontwikkelling 011 976 4262 082 722 6500