RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] VERMEULEN GRAFSTENE : MENLYN, PRETORIA.
    2. Johan Vermeulen
    3. Goeie more vriende, Ongeveer 10 jaar gelede het ‘n Christelle die volgende berig op die forum (toe nog Genform) geplaas. “Ek weet nie of die volgende inligting enige iemand sal help nie, ek hoop so! Ek het afgekom op 3 grafstene net agter een van Menlyn se 4x4 winkels, so tussen die plavleisel het hulle die grafstene laat staan in die agteplaas gedeelte. Ek kan onthou dat as kind (so 15 jaar terug was daar 'n hele begrafplaas daar, en nou is dit al Menlyn se motorhawens) Mathys Johannes Vermeulen Geb: 28-7-1882 Oorl: 11-7-1951 Isabella Elizabeth Maria Vermeulen gebore Roos Geb: 8 Nov 1887 Oorl: 19 Junie 1940 Gullaume Christoffel Vermeulen Geb: 6 Sep 1914 Oorl: 8 Junie 1937 “ Hierdie drie Vermeulens is deel van die Vermeulen familie wat op ‘n gedeelte van Garsfontein, 428, gewoon en begrawe is in ‘n familiekerkhof, volgens die familie, wat in die omgewing waar die huidige Menlyn Sakesentrum, geleë is. Ek het op die forum navraag gedoen en Diwwie de Beer het die grafstene, waarna Christelle verwys, gaan soek. Hier volg sy antwoord van destyds : “”Johan, Ek het toe vandag die Vermeulen grafte gaan soek en gevind en kan nou so bietjie meer inligting daaroor gee. Die plek: Safari Centre 4x4 Stores H/v Loisstraat en Bali Avenue (effens af van die hoek af) Newlands, Pretoria Tel: 012 348-3253 <mailto:menlyn@safaricentre.co.za> menlyn@safaricentre.co.za Die bestuurder is Andre de Villiers, maar hy was nie vandag daar nie. Kom glo eers iewers in volgende week terug. Dis nie eintlik langs Menlyn nie, dis nader aan Retail Park. Die groot straat wat daar naby verbyloop is Garsfonteinweg. Die Audi garage waarvan Christelle praat, is op die hoek van Garsfonteinweg en Loisstraat. Die Audi garage is 'n groot gebou en hierdie ander plek is net in die straat (Bali) agter (suid van) die Audi garage. Die grafstene: Die grafstene is in die 'agterplaas' (eintlik die 'werkplaas' van die firma. Die gebou en grafte is teen 'n heuwel. Op 'n hoër vlak. Ons het dus trappe geklim uit die kantore van Safari na hulle werkplaas. (Maar jy kan ook agterom ry). Daar is drie grafstene - een wat alleen staan en twee wat langs mekaar is. Aldrie die grafstene staan regop. Die een wat alleen staan is op die oomblik heeltemal toegegroei deur 'n vetplant. 'n Mens kan nie eintlik die grafsteen sien nie. Moet die takke eenkant druk om die grafsteen te sien. Direk langs die grafstene is parkeerplekke vir die karre wat wag om ekstra 4x4 toerusting te kry. Die plek waar die grafte is, is ongeveer so 8 treë x 4 treë. (Christelle noem dit 'n bedding). Ja, 'n mens kan dit seker so noem. Daardie plekkie is omring deur 'n randsteen sodat karre nie daar kan parkeer nie. Dit laat my dink dat die grafte moontlik tog maar daar iewers onder die grond is. Die grafstene is redelik naby mekaar. Niemand kan dus waarborg dat elke grafsteen presies bokant die graf staan nie. Die feit dat die grafstene nog regop staan, en dat daar 'n randsteen om is, laat dit tog lyk of daar 'n poging is om dit met 'n 'mate van respek' te behandel. Maar dit is nie spesifiek goed versorg nie. Dis maar daar in 'n hoekie - soos Christelle sê, 'n randsteen omringde bedding. Die grafstene is van stewige leiklip en seker ongeveer 650 - 700 mm hoog, maar ek het dit nie gemeet nie. Die grafskrifte is duidelik leesbaar. Verder: Die mense daar by Safari weet in elk geval niks van die grafstene se geskiedenis nie. Ek het ook kontak gemaak met Hannes Hattingh. Hy kon my geen inligting gee oor wat van die grafte geword het in die omgewing van Menlyn nie. Hy het wel vir my gesê ek kan maar vergeet om by die Munisipaliteit iets te probeer uitvind - hy het reeds in Januarie 2002 'n brief geskryf in verband met die Irene Kampkerhof en hy het na 'n jaar nog nie eers erkenning gekry dat hulle die brief ontvang het nie - ondanks die feit dat hy al 3 keer navraag gedoen het!! Dit wil egter voorkom (maar ek het geen bewyse nie) of die grafte tog maar daar is en in daardie geval sal dit of die grafstene nie geskuif kan word nie. Maar miskien kan julle dalk 'n plaatjie daar aanbring. In elk geval moet jy maar eendag self gaan kyk. Hoop hierdie gegewens is van hulp. Ongelukkig gaan ons vanaf môre (Saterdag) tot Woensdag uitstedig wees. (NS: Ek stuur dit maar direk aan jou en nie via Genforum nie. Anders is daar dalk te veel ouens wat wil gaan kyk en dan is dit nie meer vir mense van Safari lekker nie). Groete, Diwwie de Beer. Centurion. Ek het ook die volgende e-pos ontvang van Louis Olivier, wie fotos vir my van die grafstene sou gaan neem het. Goeie vandag Johan Jammer ek laat nou eers van my hoor. Ek het die eienaar van die kwekery gekontak volgens hom is die grafte geskuif na die “spookhuis” In Erasmuskloof.Ek sal in aanraking kom met die weermag aangesien die perseel aan hulle “behoort” of is dit aan Denel sal uitvind en jou weer kontak. Louis Oli4 <mailto:lmolivier@hotmail.com> lmolivier@hotmail.com Tot datum kon ek nie verdere inligting oor hierdie grafte en wat van die grafstene geword het vind nie. Weet iemand of die grafte in die begraafplaas wat in die omgewing van die huidige Menlyn ooit wettig verskuif was. Indien wel waarom sou die drie persone se grafstene deur die ontwikkelaars/bouers op die perseel agtergelaat wees. ? Kan van ons lede dalk vir my kontakbesonderhede van iemand in beheer van die “Spookhuis” verstrek asb. Ek wil graag navraag doen of die grafstene wel daarheen oorgeplaas is, indien wel wat het van die grafte geword, of is daar bloot bo-oor die grafte gebou. ? Groete Johan Vermeulen

    06/30/2013 06:55:57