RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. Re: [BP] FOUCHE EN ERASMUS - KOSTER/RUSTENBURG
    2. Daniel Jacobs
    3. Beste Vriende Ek sien nou in Dr. N.A. Coetzee se boek oor die Du Plessis familie dat Andries Hendrik Potgieter (Voortrekkerleier) 'n suster gehad het met die naam Petronella Margaretha Potgieter en dat sy op 2.11.1810 getroud was met Jan Harm du Plessis. Hierdie egpaar was dan waarskynlik die ouers van Petronella Margaretha du Plessis wat getroud was met Stephanus Fouche. Dit is dan ook waarskynlik hulle wat as doopgetuies optree by die volgende doop: Leja Magdalena gebore 4.6.1835 en gedoop 21.1.1836 dv Stephanus Fouche en Petronella Margaretha du Plessis. Die doopgetuies was Pieter Marthinus Fouche, Leja Magdalena Boshoff, Louwrens Stephanus du Plessis en Elisabeth Potgieter. Groete Daniel 2013/6/27 Daniel Jacobs <danielmalanjacobs@gmail.com> > Beste Vriende > > Ek het vandag in Cradock se doopregister vir die periode November 1832- > April 1841 die volgende twee dope vir Stephanus Fouche en > Petronella Margaretha du Plessis opgespoor: > > 1. Petronella Margritha gebore 24.8.1833 en gedoop 7.4.1834. Die > doopgetuies was Jan Harm du Plessis en Petronella Margaretha Potgieter > 2. Leja Magdalena gebore 4.6.1835 en gedoop 21.1.1836. Die doopgetuies was > Pieter Marthinus Fouche, Leja Magdalena Boshoff, Louwrens Stephanus du > Plessis en Elisabeth Potgieter. > > Stephanus se broer het 'n kleindogter wat Lydia Magdalena gedoop is. Nou > wonder ek of Lydia Magdalena Fouche X Erasmus nie dalk die dogter Leja > Magdalena is wat in 1835 gedoop is nie. Dan is haar ouderdom egter 6 jaar > oud. > > Die egpaar se oudste dogter was ook Petronella Margaretha met Stephanus se > vrou wat dan Petronella Margaretha du Plessis is. So dit lyk of sy hier > inpas. > > Groete > > Daniel Jacobs > > > ---------- Forwarded message ---------- > From: Daniel Jacobs <danielmalanjacobs@gmail.com> > Date: 2013/4/24 > Subject: FOUCHE EN ERASMUS - KOSTER/RUSTENBURG > To: sagenealogie <SAGenealogie@yahoogroups.com> > Cc: BUITENPOSTEN <BUITENPOSTEN@rootsweb.com> > > > Beste Vriende > > In Dr. Visagie se Voortrekkerstamouers op ble. 186-187 is o.a. die > volgende inligting: > > b6c2d6e1 Stephanus Fouche = Swellendam 14.4.1811 X Cradock 2.4.1832 > Petronella Margaretha du Plessis > > Hulle vertrek voor Augustus 1838 uit die Tarka, Somerset op die Groot Trek. > > O.a. die plaas Klipkop aan die Magaliesberg word vir hom aangeteken - > op 14.7.1840 > > Ek is feitlik seker dat Lydia Magdalena Fouche wat getroud was met > Louwrens Jacobus Erasmus hulle dogter was. > > Ek het die volgende inligting oor hulle: > > 1-Louwrens Jacobus Erasmus g. Ca. 1828, Cape Colony, o. 20 Apr 1900, > Roerfontein, Rustenburg distrik > +Lydia Magdalena Fouché g. Ca. 1841, o. 28 Des 1906, House of Hans van > Aswegen, Potchefstroom District > > Ek sal graag my vermoede bevestig wil he en ook graag meer inligting > wil bekom oor Stephanus Fouche en sy gesin se doen en late. > > Ek deel dan weer graag enige inligting oor die mense wat ek self sou > opspoor. > > Groete > > Daniel > Ns. Dr. J.C. Visagie wat Voortrekkerstamouers geskryf het bly maar > vir my Dr Visagie. Jan Visagie sal hy nooit vir my kan word nie, want > hy het vir my aan die US klas gegee :) So ook bel. Mnr. Christo Nel > nou die dag vir my. My broer het vir hom gese ek doen Genealogfiese > Navorsing. Hy sal ook maar Mnr. Nel bly, want hy was my standerd 4 > klasonderwyser aan Lochnerhof Laerskool in Die Strand. > > Vir gratis Genealogiese Handleiding: > > http://gendata.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=13&Itemid=28 > > Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) > Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) > Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) > Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) > De Vos (De Doorns/Wellington) > Malan (Wellington/Zeerust) > Ungerer (Swellendam) > Smith (Wellington) > > > > -- > Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za > > > Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) > Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) > Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) > Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) > De Vos (De Doorns/Wellington) > Malan (Wellington/Zeerust) > Ungerer (Swellendam) > Smith (Wellington) > -- Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)

    06/28/2013 01:29:35