Beste Vriende Ek het met die hulp van Johan Brink en Kobus Farrell kon vasstel dat Veldkornet van Heerden - later Kommandant - Barend Isaac Jacobus van Heerden geb. ca. 1865, Grootnylsoog, distrik Waterberg X SP Erasmus, was. Hy was ook die stigter van die dorp Koster en van 1912-1925 LV vir Ventersdorp. Lionel Wolfsohn het baie positiewe dinge in sy boek Rustenburg at War te sê oor sy optrede gedurende die ABO. Ek kon ook kontak maak met 'n nasaat van hom. Ek was ook maar net weer verwonderd oor hoe die internet - en in die besonder ons poslyste - 'n mens se navorsing vergemaklik. Groete Daniel 2013/5/14 Daniel Jacobs <danielmalanjacobs@gmail.com>: > Beste Vriende > > Ek het die volgende Van Heerden gesin. > > Nasate van Barend Izak Jacobus van Heerden > ------------------------------------------ > 1-Barend Izak Jacobus van Heerden X Anna Maria Jacomina Enslin > > 2-Barend Isaac Jacobus van Heerden geb. ca. 1865, Grootnylsoog, distrik > Waterberg, + 7 Nov 1929, Rustenburg X Susanna Sophia Erasmus dv. > Louwrens Jacobus Erasmus (1828-1900) en Lydia Magdalena Fouche gebore > ca. 1868, Rustenburg + 28 Des 1926, Roodewal No. 752, Rustenburg > > 3-Barend Izaak Jacobus van Heerden > 3-Lourens Jacobus van Heerden > 3-Carel Sebastiaan van Heerden > 3-Lydia Magdalena van Heerden X Jan A. Kruger > 3-Johan Adam van Heerden > 3-Anna Maria Jacomina van Heerden X Daniel Opperman > 3-Susanna Sophia van Heerden > 3-Stefanus Pieter van Heerden > 3-Erasmus Johannes van Heerden > > Ek stel belang om kontak te maak met enige van die nasate van > bostaande mense om te kyk of hulle nie dalk oor inligting en foto's > van die Erasmusse beskik nie. > > Ek lees ook in Genl. JC Kemp se boek Vir Vryheid en Reg op bl. 393 die > volgende m.b.t. die Slag van Vlakfontein (by die huidige Derby tussen > Koster en Rustenburg): > > "Ek besluit egter om daadwerklik op te tree en storm met 300 man die > rookbedekte bult uit. Toe ons die kloof deur is, galopoeer ons in 'n > lang geboeë linie oor die afgebrande, nog rokende veld, die bult uit. > Links is Van Deventer met sy verkenners, waaronder party van my > kanonlose artilleriste; dan Van Heerden en Van Tonder met die > Rustenburgers ens." > > Ek wonder nou of daar 'n 'n verband is tussen Barend Izak Jacobus van > Heerden (1865-1929) en hierdie Van Heerden wat seker 'n veldkornet > was. > > Sy swaer Jacob Lourens Carolus Erasmus (1860-1927) wat ook aan die > Slag deelgeneem het, het na die Slag 'n jong gewonde Engelsman na sy > plaas Doornkom geneem, waar hy gesond gedokter is. > > Die Veldslag waar die Engelse swaar verliese gelei het is o.a. bekend > vir die feit dat die Engelse soldate baie onervare was. Hulle het so > pas in Suid-Afrika gearriveer en hulle opleiding was ook nie baie goed > nie. Daar was na die geveg bewerings van Engelse kant dat die Boere > van die gewonde Engelse doodgeskiet het. Kemp verwys nie in sy boek > daarna nie. In sy bespreking van die Slag van Moedwil wat 'n paar > maande daarna plaasgevind het (daar was De la Rey die aanvoerder) noem > Kemp dat daar duidelike tekens was dat twee gewonde boere na die > Veldslag doodgemaak is. Ek sal ook graag die saak meer volledig wil > ondersoek. > > Vriendelike groete > > > Daniel Jacobs >