Beste Vriende Op bl. 137 in Dr. Heese se Slagtersnek en sy Mense staan die volgende: "Toe Freek Bezuidenhout met sy basterseun Hans in die grot ingevlug het, was hulle vergesel van Jacob Erasmus (Jakob zoon), 'n agtienjarige jong man." Dr. Heese spekuleer dan dat hy moontlik 'n ongedoopte seun was van Jacob Erasmus (1745) X Bockelenberg. Een van julle weet nie dalk iets meer van die moontlike identiteit van die seun nie? Ek is besig met intensiewe navorsing oor hierdie Jacob Erasmus (1745), sy seun Lourens Jacobus (1774) en laasgenoemde se drie seuns wat Voortrekkers was. Ek stel gevolglik belang in enige brokkie inligting oor hulle. O.a. ook die Erasmusse se vroee vestiging op die Oosgrens. Teen 1835 het Lourens Jacobus (1774) op die plaas Doornkloof ten noordweste van Somerset-Oos gewoon. Hy sterf in 1851 op die dorp Somerset-Oos. Hy was drie maal getroud en het 23 kinders gehad. Janet Melville het reeds heelwat inligting vir my oor die kinders gegee. Heelwat van sy en sy nasate se inligting is ook op Lucas se e-SAGI-databasis Ek stel ook belang in grafiese materiaal van die Somerset-Oos omgewing uit die eerste helfte van die 19de eeu. Baie dankie Groete Daniel