Goeienaand Uit Potch: Hiermee besonderhede van GGSA-Noordwes se byeenkoms Maandagaand 3 Junie 19h00 in die Biblioteek en museumkompleks, H/v Sol Plaatjiel en Wolmaransstrate - Potchefstroom. In opvolging van die Noordwestak se Genealogie Kursus van Saterdag 25 Mei 20013 volg nog 'n "bemagtigingsgeleentheid" vir taklede en ander belangstellendes. Barend Venter van Pretoria kom gee 'n oorsig oor Genealogiese rekenaarprogramme sodat lede vroeg (en ook later in hul navorsing) die rekenaarprogram wat geskik is om die omvang van hul navorsing te hanteer kan kies. Die navorser wat pas begin het of op sy voorgeslagstaat konsentreer het ander behoeftes as iemand wie se droom dit is om meer as 1 000 000 individue so gou moontlik in te sleutel - en dit is waaroor die praatjie gaan, nie die beste program nie - want daar is nie so iets nie - maar 'n program geskik vir 'n spesifieke doel. Die kostes tov aankoop, instandhouding, opgradering en verskeie ander fasette sal ook aandag ontvang. Dan is Barend se voordrag ook vol ander genealogiese wenke en idees, bronne, etiese wenke, sodat almal sal iets kry om saam te neem huis toe. Benewens dit gaan taklid Poen Coetzee 'n kort demonstrasie gee om goeie dokumentfotos te neem. Met staanders, tipe ligte, kameras, alles wat nodig is sal hy die nodige doen. Poen het onlangs meer as 8 000 fotos van dokumente en ander artefakte in die Gereformeerde kerke se argief op film geplaas en hy het eweeens waardevolle wenke en idees hoe om verskillende tipes ink en papier asook fotos te hanteer vir die beste resultate. Groetnis, Simon.