Partykeer is daar ’n diamant tussen al die spoelklippies en mense sien dit nie raak nie! Druk asseblief hierdie e-pos van Ockert Malan uit en plak dit op die muur of die op tafel naby jou rekenaar. Ockert is ’n baie kundige persoon en ’n kans om by hom te leer laat mens nie deur jou vingers glip nie. Malan, O. C. (2013, Apr. 2). Re: [SA-Gen] Transkripsie raad. [Elektroniese poslys-boodskap]. Afgelaai van http://groups.yahoo.com/group/SAGenealogie/ As jy 'n TRANSKRIPSIE doen, spel jy net so verkeerd as die outeur (Bv. :As die outeur “Vori” geskryf het, hoe weet jy sonder verdere inligting of dit “Fourie” of “Faure” moet wees?). Indien jy 'n INDEKS opstel, gebruik jy die “standaard”-vorm van ’n van as jy addisionele inligting het wat dit bevestig. Ockert Malan 2013/4/2 inl0879@mweb.co.za <inl0879@mweb.co.za> Wat van die “regte” van in te skryf, en dan op die regte plek notas te maak van wat in die ander dokumente/bronne aangegee was? Sarel Tot hier toe die uittreksel uit Ockert se boodskap. Mens verander nooit aan dit wat iemand anders geskryf het nie, veral nie as jy transkribeer nie. Helena Liebenberg het dit ook al vantevore verduidelik. Ek stem met Sarel saam, maar anders om. Skryf presies soos wat dit op die dokument voorkom en skryf dan die “regte” van onder notas. Elmien Ek is nie seker wat Aletta bedoel nie. Verbeter jy die spelling van mense wat die transkripsie gedoen het? Elmien From: ALETTA BUCKNALL Sent: Thursday, May 02, 2013 6:58 PM To: SAGenealogie@yahoogroups.com Subject: Re: [SA-Gen] Boshoff en Holthuizen wat ek doen ek doen maar al die spellings want mense wat transkribeer doen dit maar soos dit op dokument se From: "mailto:inl0879%40mweb.co.za" <mailto:inl0879%40mweb.co.za> To: mailto:SAGenealogie%40yahoogroups.com Sent: Thursday, 2 May 2013, 9:44 Subject: Re: [SA-Gen] Boshoff en Holthuizen Annemie, Dit was 'n spelfout. Ek het die paar as Paulus Hermanus BURGER x Martha Petronella HOLZHAUSEN Sarel Stellenbosch Burger Register. -------Original Message------- From: Lourens Date: 05/02/13 07:57:12 To: mailto:SAGenealogie%40yahoogroups.com Subject: [SA-Gen] Boshoff en Holthuizen Goeiedag Wie kan my dalk help met inligting. Ek het nog nooit die "van" Holthuizen teegekom in die Swartland nie. Willem Hendrik Jacobus Bohoff getroud met Susanna Hendrina Holthuizen een seun Juan Jacobus Boshoff * 11..7..1938 = 6..11..1938 Swartland (Doopgetuies, Paul Hermanus BURGER, Martha Petronella HOLTHUIZEN) Die enigste Boshoff's wat ek geken het op Malmesbury was Ds. Boshoff wat my huweliksbevestiging gedoen het . Dalk was dit sy familie. Groete Annemie Lourens