RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Adoph Jonker
    2. Elmien Wood
    3. Ek maak ook ten sterkste beswaar teen sekere gedeeltes in Mansell Upham se artikel. Wat bedoel hy met “Afrikaner ‘Hearts of Darkness’” in sy titel? Op grond waarvan beweer hy dat Hoge huiwerig was om sy bronne bekend te maak as gevolg van “an increasingly ‘racially’ definded landscape”? Op grond waarvan beweer hy dat die idee van ‘n swart stamvader onaanvaarbaar is? Claas van Malabar is die stamvader van die Claasens en glad nie kontensieus nie. “The notion of a black stamvader – especially in the case of the Jonker family – still meets, however with resistance by some researchers” Dit gaan nie oor weerstand nie maar oor onopgeloste vrae soos waar het Van Rensburg, Jonker, Meintjes, Du Plooy vandaan gekom. Oor die DNA toetse is al klaar kommentaar gelewer. Mansell beweer dat ons (want ek stel ook belang in genetiese toetsing) die “‘worst’ case scenario” wil besweer. Dit is ‘n baie eensydige siening. ‘n Toets kan net so maklik die teenoorgestelde bewys – defnitief wit of defnitief oosters. Die ‘coloured’ afkoms van Adolf Jonker se vrou word geignoreer. Wie ignoreer dit? Sien my e-pos van 4 Maart 2013 aan SAGenealogie en Buitenposten waarin ek se dat daar nie twyfel bestaan dat Adolph Jonker se ma van slawe afkoms was nie. Sien ook Peter Silbernagl se e-pos van 3 Maart 2013 aan SAGenealogie en Buitenposten waar Peter die gedeelte in Andres Sparrman se boek bekend maak waar Sparrman noem “He was of black extraction by the mother’s side.” [In *Anders Sparrman - Voyage to the Cape of Good Hope 1772 - 1776 Vol1*(Van Riebeeck Society 1975, herdruk 2007)]. Mansell gebruik hierdie selfde verwysing. Ek maak ten sterkste beswaar teen “there is an ongoing quest to determine or rationalize that haunting, overriding en ‘unsettling’ question:” Hier word baie geinsinueer wat totaal ongegrond is. Ek is ‘n Afrikaner en ek voel my glad nie gekwel en vervolg deur my slawe voormoeders nie. Inteendeel, net soos Mansell, voel ek baie trots om so ‘n kleurvolle voorgeslagstaat te he. Mansell stel voor dat ons wegbeweeg van die terme “White” en “non-White”, maar hy self gebruik ‘Coloured’ (al sit hy dit tussen enkel aanhalingstekens) waar ek oor die algemeen meer spesifiek is en na slawe afstammelinge verwys. Ek herhaal wat ek in my e-pos van die 8 Maart 2013 aan SAGenealogie gese het: Ek glo aan vryheid van spraak, maar ek distansieer my wel van menings wat uitgespreek is wat my medemens kan krenk. Ek wil nie daarmee geassosieer word nie. Die navorsing self is uitstekend maar bewys nog nie die afkoms van Adolph Jonker nie. Die moontlike prins: Die moontlike prins volgens Mansell het ‘n jonger broer of suster gehad wat in 1675 getroud is. As mens aanneem dat die ouderdom by huweliksluiting 15 jaar was, moes die prins self minstens in 1658 gebore gewees het. As die twee prinse, die een in die Kaap en die oosterse prins, Katsili Daijan Mamoedij, Prins van Ternate, dieselfde persoon is maak dit hom 48 toe hy verban is na die Kaap (1706), 64 toe hy na Robbeneiland verban is (1722) en 75 toe hy sy kinders vrystel (1733). Dit is ‘n bietjie oud, maar tog moontlik. Maar is daar enige verband tussen die name Katsili Daijan Mamoedij en Kyai Chili? Dit lyk vir my asof dit nog nie bewys is nie. Die twee gesinne Jonker van Macassar en Katsili Daijan Mamoedij (Ketees Malocco) 1717 Katsili Daijan Mamoedij, Prins van Ternate eienaar van slawekind Johanna wie se moeder Rosetta van Batavia is. 1727 Jonker van Macassar en Rosetta van Java. Kinders Jacob, Jamela, Adol Jolle en Raja. Ek het hulle getranskribeer as Jacob, Jamela, Adul Jalle en Raija. Ek dink dit is baie vindingryk van Mansell om uit te pluis dat Adul Jalle in werklikheid Abdullah is en ek stem volkome met hom saam. Ek het vir ure gesit met die dokument en onthou dat ek nog vir Helena Liebenberg gevra het of ek dit reg lees. Ek kon net nie aanvaar dat Hoge op grond van slegs die woord Adul Jalle dit Adolf Jonker gemaak het nie. En Hoge was beslis verkeerd, dit verwys slegs Abdul-lah, en Hoge het nie ‘n verbinding na Adolf Jonker gehad nie. Jonker van Macassar was siek in die bed, het Portugees gepraat en ‘n tolk het sy testament in Nederlands neergeskryf. Ek het destyds nog probeer om mense wat Portugees ken te kontak om te vra of hulle enige verband tussen Adul Jalle en Adolf Jonker kon sien. 1733 Ketees Malocca en Rosetta van Ceijlon het drie kinders Amel, Talie en Adel. (Dit is waarskynlik nie transliterasies nie – van een skrif na ‘n ander oorgesit nie – maar neergeskryf soos dit gehoor is.) Die vraag is nou of Jonker van Macassar en Ketees Malocca dieselfde persoon is. Volgens die inskrywing op Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope C. 062 op TANAP: “Jonker van Macassar was ‘n vrygestelde slaaf, en was getroud met Rosetta van Java. Hy is in 1727 oorlede. (Sien M.O.O.C.7/4: Testamenten, 1726-1735, no. 33.)” As Jonker in 1727 oorlede is, kon hy nie Ketees gewees het nie. Stem die name van die kinders genoegsaam ooreen dat hulle na dieselfde persone verwys: (Jacob en Talie), (Jamela en Amel), (Adul Jalle en Adel), en (Raija) op haar eie? Kon daar ‘n fout wees in hierdie inskrywing op TANAP? Mansell kry wel nog vir Jonker van Macassar in 1731 se opgaafrol. Jonker het dus moontlik nadat hy sy testament opgestel het weer gesond geword, maar die KAB MOOC 7/1/4 nr. 33 leer begin en eindig in 1727. Dit lyk dus nie of die boedel op ‘n ander datum beredder is nie. Op hierdie stadium sou ek sê dat daar met redelike sekerheid aangeneem kan word dat Jonker van Macassar na Jacob Janz: en Adolf Jonker verwys het, toe hy in 1727 sy testament opgestel het. Maar Jacob was die seun van Johannes Janz: van Bengale. Jonker van Macassar het pa gestaan vir Jacob, maar was hy die werklike vader van Adolf? Abdullah en Adolf Adel word in 1733 vrygestel deur Ketees Malocca en Adolf Jonker verskyn in 1735 in die opgaafrolle van Kaapstad en in 1738 weer in die opgaafrolle as Abdul Jonker. Sowel die tydsbestek as die name is ‘n baie goeie aanduiding dat Abdulla genoem in Jonker van Macassar se testament en Adolph Jonker een en dieselfde persoon is. Daar is egter nog baie vrae wat nie beantwoord is nie. Groete Elmien

    05/29/2013 01:17:18