Lyslede, Ek het verneem dat Jacques Malan in 1986 'n boek geskryf het, by name: Joseph David Otto SACHSE, 1838-1912. Dit handel oor die Duitse sendeling, eerw Joseph David Otto SACHSE wat getroud was met Caroline Wilhelmine Anna DÖHNE. Een van hul kinders was vemoedelik met 'n BRINK getroud en ek probeer daardie "bewering" bevestig te kry. Kan iemand wat dalk die boek het, net dit vir my probeer opklaar, asb. Andersins verneem ek graag waar ek die boek te siene sal kan kry. Diegene met antwoorde kan sommer regstreeks (lees: van lyn af) met my kontak. Groete Johan Melkbosstrand 082 328 9453 [BRINK, EAGAR/EAGER, WEITSZ/WEITZ en (VON) DURING]