Hallo almal Met die lyseienaars se toestemming kondig ek graag aan dat nog 2 van Taffy and David Shearing se eboeke nou by www.cdbooks-r-us.com beskikbaar is: "Commandant Johannes Lötter and his rebels" en "Commandant Gideon Scheepers and the search for his grave." Kort beskrywings van die 2 eboeke volg hieronder. Commandant Johannes Lötter and his rebels: In hierdie uiters interessante e-boek van 72 bladsye vertel David en Taffy Shearing die verhaal van Kommandant Johannes Lötter en sy Rebelle. Dit is die verhaal van n jong kroegman van Rosmead (naby Graaff-Reinet) wat tydens die Anglo-Boere-oorlog vir die Boeremagte geveg het. Lötter het n aksiebelaaide avontuur beplan. Sy rekrute was familiegroepe wat nie veel in militêre dissipline belang gestel het nie. Toe Lötter uit sy eerste skuilplek in die Sneeuberge verdryf is, het hy kragte saamgesnoer met n meer ervare kommando wat die kolonie uit die Vrystaat binnegeval het. Die kommando is deur Lt-kol Harry Scobell en sy 400-sterk 9th Lancers agtervolg en uiteindelik vasgetrek noord van Pearston. Al 118 kommandolede het òf gesneuwel òf is gevange geneem. Hierdie is ook die verhaal van Lötter se laaste geveg, ryklik geïllustreer met fotos uit die tydperk. Besonderhede van Lötter se verhoor asook n lys van die hele kommando word gegee. Die verhaal van hoe die oorblywende kommandolede na Bermuda as krygsgevangenes gestuur is word ook vertel. Commandant Gideon Scheepers and the search for his grave: General Christian de Wet, aanvoerder van die Oranje Vrystaat magte gedurende die Anglo-Boere-oorlog, het groot vertroue geplaas in die informasie wat deur n jong verkenner, Gideon Jacobus Scheepers, verskaf is. Scheepers was nie alleen n eersteklas telegrafis nie maar ook n heliografis. Voor sy oorplasing na die Vrystaat Artillerie was hy n lid van die klein Transvaalse staandemag. Tydens die tweede inval in die Kaapkolonie gedurende Desember 1900 is Kaptein Scheepers ook die Kolonie ingestuur en dit is hier waar die jong guerillaleier gesterf het. Hierdie boek vertel die verhaal van sy oorgawe, uiteindelike verhoor en teregstelling. Die geheimsinnige verdwyning van sy liggaam uit sy graf te Graaff-Reinet word ook bespreek. Lig word ook gewerp op sy moeder se lewenslange gespook om haar seun se oorskot op te spoor. Die eboek van 240 bladsye bevat n lys van die kommandolede, met kort biografieë en heelwat fotos. Elke hoofstuk bevat ook n kaart wat die roete van Scheepers en sy kommando gevolg het, aandui. Meer inligting is op die www.cdbooks-r-us.com webblad beskikbaar. Navrae moet asb direk aan my by bostaande epos adres gerig word en nie aan die lys nie. Groete Colin