RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. Re: [BP] Voorstel vir Genealogiese tekens
    2. Elmien Wood
    3. Ek stem heeltemal met Ockert saam dat daar eenvormigheid met die saamstel van ‘n lys van simbole moet wees, anders is dit onverstaanbaar. Daarom stel ek voor dat Neels ‘n groep mense bymekaar kry om voorstelle te maak, want geen mens kan op sy eie aan al die voor- en nadele van ‘n simbool dink nie. Daarvoor is ‘n bespreking nodig. Ek het byvoorbeeld vergeet dat die kleinletter simbool omega vir verassing staan en ek het gaan benul gehad wat asplaat beteken nie. Blykbaar ken Tobie en Hendrik die woord. As ek dit met gedenkplaat verbind besef ek wat hulle bedoel. Ek dink Hendrik se voorstel dat begrawe sonder ‘n grafsteen en verassing sonder ‘n asplaat van die gewone tekens vir grafsteen en verassing gebruik maak met ‘n addisionele teken by wat aandui dat daar nie ‘n grafsteen of asplaat is nie, is uitsekend . Dit lyk amper asof Tobie se simbool vir verassing, naamlik ‘n son, dadelik inslag vind. Hulle het juis op Sondag se program Die Tale wat ons Praat gesê dat nuutskeppinge nie afgedwing kan word nie, maar slegs deel van die taal word, indien mense dit begin gebruik. (Ek parafraseer vreeslik, maar dit is soos ek dit onthou!) So ook met genealogiese simbole. Die # van GISA het klaarblyklik nie byval by ander genealoë gevind nie. Groete Elmien Jammer as party van julle die boodskap tweekeer kry. Ek wou graag vir Hendrik wat die simbole as ‘n aanhangsel gestuur het antwoord en ook vir Ockert wat die boodskap na SAGenealogie gepos het. Elmien

    05/28/2013 08:42:01