RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Sielverkopers
    2. Elmien Wood
    3. Rentia, Jan, Connie en Lee Vreemdelinge in die stede wat VOC-kantore gehad het moes losies vind vir die tydperk wat hulle gewag het totdat nuwe werknemers gewerf word. Die verskaffers van losies, volkhouer of –houdster genoem, het nie alleen kos en huisvesting verskaf nie, maar ook ‘n skeepskis en uitrusting vir die vaart. Op hierdie manier is daar dus aan die voornemende werknemer geld voorgeskiet. By diensaanvaarding het die werknemer ‘n transportbrief geteken wat aan die volkhouer uitbetaal moes word sodra die werknemer genoeg verdien het om die skuld te kan delg. Hierdie transportbriewe was later meestal vir ‘n bedrag van 150 gulde uitgemaak. Omdat die sterftesyfer op skepe en in Asie so hoog was, is die transportbriewe in baie gevalle nie uitgetaal nie omdat die werknemer dood is voordat hy sy skuld kom afwerk. Om daardie rede is die transportbriewe dikwels aan ander teen ‘n laer bedrag verkoop. Die volkhouer het dus sy reg op die volle bedrag prysgegee ter wille daarvan om darem iets te ontvang. Die woord “zielverkoper” kom van “cedeel” of “ceel” wat skuldbrief beteken (Van Gelder, 1997, p.137). Van Gelder, R. (1997). Het Oost-Indisch avontuur: Duitsers in dienst van de voc (1600-1800). Nijmegen: SUN. http://www.dbnl.org/tekst/geld028oost01_01/ Van Gelder maak hier die fout dat hy aanvaal alle transportbriewe 150 gulde bedra het. Dit was wel die geval vir die tydperk wat hy ondersoek het. In my vorige e-pos het ek na Ketting verwys wat gevind het dat heel aan die begin, die transportbriewe die werklike skuld aangetoon het, maar later gestandardiseer is. In Engels is die term “press gang” en “impressment” gebruik en in Engeland het hulle, soos Lee se, iemand dronk gemaak en dan gedwing om by die vloot aan te sluit. In Nederland was dit nie heeltemal so drasties nie. Groete Elmien Vorige e-pos (vir die wat nie in Van Rensburg belang gestel het nie, maar nou tog nuuskierig is oor sielverkopers!) Ek haal aan van bladsy 65: “Een zielverkoper zal namelijk meerdere transportbrieven op zijn naam hebben staan en hoge afgeronde bedragen op de 'ceelen' wijzen in de richting van standaardisering. Er ontstond in de jaren dertig en veertig namelijk een vaste waarde voor de transportbrief, die niet meer in relatie stond met de werkelijk gemaakte schuld.” Op bladsy 64 is daar ‘n tabel wat aandui watter persentasie van werknemers transportbriewe geteken het. Byvoorbeeld van 1640-1649 het 73 van die 345 werknemers wat van Amsterdam gekom het transportbriewe geteken, dit wil sê 21%. Dus Nederlanders het ook van sielverkopers gebruik gemaak en, al het hulle tot ‘n beperkte mate hulp van die sielverkoper ontvang, het hulle nog die afgeronde bedrag betaal. Hierdie bladsye is beskikbaar op Google Books, maar ek het die boek uitgeneem by die biblioteek van die Universiteit van Stellenbosch, want nie al die bladsye is beskikbaar op die internet nie. Groete Elmien Ketting, H., Jr. (2002). Leven, werk en rebellie aan boord van Oost-Indiëvaarders (1595-±1650). Amsterdam: Askant. Ketting, H. Jr. (2005). Leven, werk en rebellie aan boord van Oost-Indiëvaarders (1595-±1650). Amsterdam: Het Spinhuis. http://books.google.co.za/books?id=7kyZCgD_8AQC&printsec=frontcover&hl=nl#v=onepage&q&f=false

    05/05/2013 07:19:59