RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] GROEN GESKILDERDE KINDERS
    2. Dorpshuis
    3. In 'n les oor volkskunde uit 'n tuisskool-handboek vir Graad V verskyn die volgende. Die les handel oor Skool tydens die Anglo-Boere Oorlog: "Al die meisies en vroue wat hier private onderwys aan kinders gegee het, is aangesĂȘ om dit nie meer te doen nie. Dit sal nie meer toegelaat word nie. Seker om die sogenaamde goewermentskole wat tog uitsluitend ten behoewe van die groen geskilderde boerekinders ontstaan het, 'n kans te gee. Iemand lees onlangs in die Natal Mercury dat dit die gewoonte by die boere is om hul kinders groen te skilder, en noudat hulle gewas word, gaan hulle so dood." Kan iemand verklaar wat dit beteken, asseblief? Is die kinders letterlik geverf? Ek het nog nooit daarvan gehoor nie. Alta le Roux Le Roux Dorpshuis/Townhouse Museum Hoogstraat 146 High Street OUDTSHOORN 6625 Tel.: 044 272 3676 E-pos: lerdorpshuis@mweb.co.za

    07/25/2013 04:39:23