RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Lotterie x Oosthuizen
    2. Gerhardus Frederik Oosthuizen
    3. Goeie dag aan al die lyslede Het die onderstaande versoek ontvang. Enigeen wat dalk hierdie persone op hul databasis het? "Ek is opsoek na my ouma groot se familie sy was Anna Fransciena Lotterie getroud met Cornelius Stefanus Lotterie haar nooiens van was Oosthuizen. Haar geboorte datum was ongeveer 1905, dink sy is in Bronkhorstspruit gebore, sy is oorlede 29 augustus 1953, dink in Eloffsdal. Gewoon by 402 Eloffstraat Pretoria. Sy het 6 kinders gehad, Pertus Wilhelmus Lotterie 8/11/1935, Cornelis Stefanus Lotterie 28/9/1938, Fredrika Maria Lotterie 19/7/1939, Francois Barnard Rudolf Lotterie 9/2/1943, Frederik Wynand Lotterie 13/7/1948, Willem(Wilhelm) Benjamin Lotterie 7/4/1945. C.S. Lotterie was haar enigste eggenoot. Soek meer inligding oor die Oosthuizen & Lotterie familie." Annelie Els het goedgunstiglik vir my TAB MHG 6869/53 opgesoek, maar geen verdere inligting is daarin vervat nie. Enige verdere hulp sal opreg waardeer word. By voorbaat dank Groete GerritO Gerhardus Frederik (Gerrit) Oosthuizen Nelspruit

    07/23/2013 02:58:33