RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Pienaar by die slag van Waterloo?
    2. Scott Kotze
    3. Goeie middag,   Ek het onlangs op 'n baie interessante artikel afgekom oor 'n voorsaat, Petrus Gerhardus Jacobus PIENAAR, wat in 1964 in die koerant "Die Noord Transvaler" verskyn het. In die artikel word 'n koerantuitknipsel, wat blykbaar in 1911 in 'n onbekende koerant verskyn het, aangehaal.    Die volgende het my geinteresseer:   “Onlangs, op die 11e Mei is o’erlede in die ouderdom van 92 jaar, Petrus Gerhardus Jacobus Pienaar, die eerste Maart 1819 gebore werd op die plaas Vogelvlei, distrik Mosselbaai, Kaap Provinsie. Wanneer sijn geslag naar Suid-Afrika gekom het, weet ons nie, alleen staat vas, dat sijn groot vader nog als generaal onder Napoleon deel geneem het aan die slag by Waterloo." Vandag weet ons dat die Pienaars Franse Hugenote was maar ek wonder tog waar so 'n storie vandaan sou kom?  Sou daar Suid-Afrikaners onder Napoleon gaan veg het?   Ter interessantheid, die berig lei verder dat Pienaar reeds in 1842 op 'n jagtog in die omgewing van Pretoria was en dat die Pienaarsrivier (sowat 50 km Noord van Pretoria) na hom vernoem is nadat hy daar sy eerste olifant geskiet het."Die tande het hulle uitgekap en die een het geweeg 100 pond en die tweede een, waarvan die punt af was, 95 pond…”   Groete,   Scott Kotze

    07/01/2013 10:32:41