Hallo vriende Ek is op soek na die besonderhede van ene Johannes Lodewicus van Wyk. Volgens sy sk is hy op 19 Jul 1955 in Pietersburg oorlede en volgens sy ouderdom by afsterwe is hy ongeveer 1897 gebore. Is daar iemand wat toegang tot die nuutste begraafplaas cd het wat vir my kan kyk of sy besonderhede dalk daarop verskyn? Ek het nog weergawe 9 van die cd en dis nie daarop nie. Sy ouers word nie op sy sk aangedui nie en ek weet nie waar om te begin soek na sy voorsate nie! Baie dankie Alta le Roux Le Roux Dorpshuis/Townhouse Museum Hoogstraat 146 High Street OUDTSHOORN 6625 Tel.: 044 272 3676 E-pos: lerdorpshuis@mweb.co.za
Beste lyslede Alta le Roux vra: ----- Original Message ----- From: "Dorpshuis" <lerdorpshuis@mweb.co.za> To: <SAGenealogie@yahoogroups.com>; <buitenposten@rootsweb.com> Sent: Thursday, July 25, 2013 8:59 AM >> Ek is op soek na die besonderhede van ene Johannes Lodewicus van Wyk. Volgens sy sk is hy op 19 Jul 1955 in >>Pietersburg oorlede en volgens sy ouderdom by afsterwe is hy ongeveer 1897 gebore. Is daar iemand wat toegang tot > > Alta le Roux Isabel antwoord: Die betrokke data in die GGSA: Van Wyk-projek is as volg: Johannes Lodewicus VAN WYK sterf te Pietersburg Hospitaal op 19.7.1955 (TAB: MHG 4318/55 (1955). Hy was die vierde seun van Stephanus Johannes VAN WYK & Elsje Rachel PRETORIUS (sien PRETORIUS-publikasie vir haar voorsate) - sy pa se tweede huwelik. Daar ontbreek egter nog baie data - kan iemand anders help met inligting vir die projek: 1) JL is is blykbaar op 2.5.1903 in die Vrystaat gebore, maar doopplek en datum ontbreek; 2) JL was met Johanna Magdalena BRONKHORST getroud, maar slegs Johannesburg word vermeld en huweliksdatum ontbreek; 3) Name va Johanna Magdalena se ouers ontbreek, 4) Vader SJ is in dist. Boshof gebore, maar volledige geboortedatum en doopbesonderhede ontbreek. Met vriendelike groete =============================== Isabel Groesbeek Projekleier van GGSA: Noord-Transvaaltak VAN WIJ(C)K/WYK-projek E-posadres/mail address: isabelg@mweb.co.za __________ Information from ESET Smart Security, version of virus signature database 8615 (20130727) __________ The message was checked by ESET Smart Security. http://www.eset.com -- This message has been scanned for viruses and dangerous content by Pinpoint, and is believed to be clean.