RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] JACOB ERASMUS (1745), MULLER, HATTINGH EN KRUGER: VEEHANDEL IN CA 1778 MET DIE XHOSAS
    2. Daniel Jacobs
    3. Beste Vriende Ek is besig met navorsing om te probeer vasstel of Jacob Erasmus (1745) s.v. Lourens Erasmus en Martha Pienaar: 1. 'n Buite-egtelike seun Jacob Erasmus gehad het wat in die aanloop tot die Slagtersnekopstand by Hans Bezuidenhout was toe hy doodgeskiet is. Die seun was op daardie stadium 18 jaar oud; 2. die man was wat volgens inligting in D Moodie se The Record in die 1770's deelgeneem het aan onwettige ruilhandel met die Xhosas. Waarvan ek seker is m.b.t. Jacob (1745) is dat hy die Jacob Erasmus is wat op 17 Desember 1776 ʼn lisensie vir die leningplaas “de Buffelsdrift gel: aan de Groote Vis Rivier agter de Bruinjtes hoogte ontvang het [i]<file:///D:/A%20PERSOONLIK/A%20KOOS%20BEKKER/0%20ERASMUS%20BOEK/0.%20ERASMUS%20BOEK/ERASMUS%20BOEK%208.docx#_edn1>.” Die plaas lê naby die sameloop van die Groot- en Klein Visriviere. Die naaste dorp is Riebeek Oos. As iemand belangstel om 'n deel van 'n kaart in Bergh en Visagie se atlas van die Oos-Kaap wat die ligging aandui te ontvang, sal ek dit aanstuur. Die volgende inligting het betrekking: In 1774 is ‘n bevel uitgereik dat burgers van die Stellenbosch distrik, waarvan Jacob (1745) ook een was, hulle nie agter Bruintjieshoogte mag vestig nie en ook nie met die Xhosas mag veeruil nie. Die doel met die verbod op veehandel was om konflik met die Xhoas te voorkom [i] <#_edn1>. In die bespreking van die redes vir die ontstaan van die Eerste Grensoorlog het ons vir Prof. C.F.J. Muller as volg aangehaal oor o.a. die veehandel met die Xhosas: “Avontuurlustige blanke jagters en veeruilers het met geweld Xhosabeeste in Xhosagebied geroof, terwyl kleiner Xhosakapteins met gewelddadige optrede groter hoofde se pogings tot ʼn vreedsame skikking verydel het.” In ons bespreking van die spekulasie van Dr. J.A. Heese dat die 18-jarige Jacob Erasmus (Jakob seun) wat saam met Hans Bezuidenhout was toe hy in die aanloop tot die Slagternekopstand doodgeskiet is, moontlik ʼn buite-egtelike kind van Jacob (1745) kon gewees het. Met betrekking tot Jacob (1745) sê Dr. Heese ook: “In 1777 het die destydse veldkommandant, G.R. Opperman (vader van die latere vk. P.A. Opperman) in sy verslae reeds bitterlik gekla oor ʼn Jacob Erasmus wat aan die Grootvisrivier gewoon het en aan die verbode ruilhandel met met die Kosas deelgeneem het. By tye het hierdie Jacob Erasmus saam met Frans Kruger onder die Kosas gewoon. Dit wil amper voorkom of die gearresteerde Jacob Erasmus ʼn ongedoopte seun van hierdie Jacob Erasmus sr kon gewees het. Hy was getroud met ʼn Esther Bockelenberg [ii] <#_edn2>.” M.b.t. die onwettige veehandel met die Xhosas waaraan ʼn Jacob Erasmus – wat dan moontlik Jacob (1745) was - deelgeneem het, word die volgende inligting in Moodie se *The Record* gegee: “This 17th January, 1778, &c The Hottentot Ruyter, apparently 17 or 18 years of age, &c. That the Appearer. Who resides with the burger Jacob Erasmus, has frequently seen upon his master’s place of residence, lying on the Fish river, and therefore near Kafirland, many of that people driving past herds of cattle, from whom his said master, occasionally, when the cattle were in good condition, purchased some for copper, beads, rings and iron, which his master always kept for that purpose in a bag in his house. That not long since, his master being at Cape Town, while the burger Hendrik Hatting had charge of the farm – and who, as well as Frans Krieger, and the greater part of the inhabitants residing in that quarter, bartered with the Kafirs – the heemraad J.B. Hoffmann, and other Dutch people came there. That Hatting rising in the night, desired appearer to drive out all the Kafir cattle, and to remain with them in the field until those gentlemen had gone away. That next morning some persons, among whom was the Bastard Hottentot Adam, who had gone out to kill sea cows, asked him if he had Kafir catlle in the herd; on which he answered, yes; when they desired him to take the cattle home, which he did; Hatting then told him to drive out the Kafir cattle, and the said Mr. Hoffman desired them to proceed to Swellendam with the Kafir cattle, which he also did. The appearer lastly states, that among the cattle brought hither, there are two which Hatting had bartered from the Kafirs, some which the servant of Erasmus, named Jan Muller, had bartered and four besides which Erasmus had purchased for the appearer[iii] <#_edn3>” Nog 'n ander Jacob Erasmus wat in daardie tyd moontlik op die Oosgrens was is Jacob (1737) s.v. Jaco Erasmus (geb. ca 1709) en Hester Pienaar. Nog 'n aanduiding dat die man wat betrokke was by die onwettige veehandel Jacob (1745) was, is die feit hy op ? gevra het om vrygestel te word van die betaling van die weilisensie gelde vir Buffeldrift omdat hy die plaas die afgelope jaar nie gebruik het nie. Ruyter se verklaring voor waarskynlik die Landdros van Swellendam was op 18 Januarie 1778 en dit is dus moontlik dat Jacob (1745) daarna aangespreek is oor sy onwettige veehandel en toe besluit het - of dalk selfs opdrag gekry het - om Buffelsdrift wat op die grens gelee was te verlaat. Hy trek ook in 1780 terug na Vrolikheid by die Karoo se kant van die ingang tot Meiringspoort. Dit kan egter ook verband hou met die uitbreek van die Eerste Grensoorloog in 1779. Daar sou in die 99 jaar tot 1878 uiteindelik 'n totaal van 9 Grensoorloee wees - met die sesde een van 1834-1835 wat een van die hoofredes sou wees waarom drie van Jacob (1745) se kleinseuns besluit het om aan die Groot Trek deel te neem. Groete Daniel Jacobs Ns. Oud-Staatspresident F.W. de Klerk stam volgens inligting by http://www.e-family.co.za/Meintjes/deKlerk.htm ook van Jacob (1745) af. ------------------------------ [i] <#_ednref1> Die Trekboer in die Geskiedenis van die Kaapkolonie ble. 150-152 [ii] <#_ednref2> J.A. Heese: Slagtersnek en sy Mens, bl. 138. [iii] <#_ednref3> D. Moodie, The Record Deel 3, bl. 76 ------------------------------ [i]<file:///D:/A%20PERSOONLIK/A%20KOOS%20BEKKER/0%20ERASMUS%20BOEK/0.%20ERASMUS%20BOEK/ERASMUS%20BOEK%208.docx#_ednref1>RLR 25/2 no. 7 Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)

    07/03/2013 05:05:42